Nege dood toe voertuig omslaan

Die ongelukstoneel wat nege lewens in Mpumalanga geëis het. (Foto: Verskaf)

Nege mense is vroeg vanoggend op die R573 in Mpumalanga dood toe ʼn ligte afleweringsvoertuig omgeslaan het. Nog 18 mense, onder wie die bestuurder, is ernstig beseer.

Die voertuig het 05:00 vanoggend tussen Kwaggafontein en Moteti gery, toe die bestuurder glo beheer oor die voertuig verloor en van die pad af gery het. Sewe passasiers is op die toneel dood verklaar, terwyl nog twee op pad na die hospitaal dood is.

Die slagoffers is almal mans.

Die provinsiale departement van vervoer sê ʼn ondersoek na die ongeluk sal gedoen word en dit lyk op dié stadium of die voertuig oorlaai was.

Die ongelukstoneel waartydens drie mense beseer is op die R36 in Mpumalanga. (Foto: Netcare911)

Die departement het sy medelye met die slagoffers se families betuig en bestuurders gemaan om versigtig op die provinsie se paaie te ry.

Nog drie mense is Vrydagoggend in ʼn soortgelyke voorval op die R36 in Mpumalanga beseer.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê dit lyk of die bestuurder ook in dié geval beheer oor die voertuig verloor het. Die pasiënte het egter net matige beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nie Verbaas ·

Dit is nie n afleweringstrok nie, dit is n bakkie. 27 mense met bagasie? Wat het hierdie man gedink?

Elaine Krige ·

Môre Nie Verbaas,

As jy die onderskrif van die foto lees sal jy sien die foto hou verband met die tweede ongeluk.

Groete

Elaine Krige ·

Hallo Hennie.
As jy die onderskrif van die foto lees sal jy sien die foto hou verband met die tweede ongeluk.

Groete

Jacobus ·

Hulle dink hy was oorlaai? HY WAS OORLAAI MET 19 MENSE OP N BAKKIE!!!!!

Perdeby ·

27 mense op daardie bakkie. Die padverkeersreel sê jy mag niemand op ‘n oop bakkie vervoer nie, dit is hoekom hy beheer verloor het , want 27 mense, maar dan kry drank die skuld vir al die ongelukke! Ek hoop Fikkie sien dit.

Frederik C ·

Wees dankbaar wittes, of apartheid, het nie die skuld gekry nie.

Gary ·

mense dit is die korrekte naam. in engels is dit n “light delivery vehicle” LDV . afrikaans LAV.

Hennie ·

27 “insittendes ” op n bakkie. Net bly geen ander motoris us beseer of gedood nie.

Wielspore ·

Ons het Sondag oggend die 12 de Desember vanaf Nelspruit tot in PE gery en vir die hele afstand het ons slegs een verkeersbeampte gekry wat diens gedoen het en dit was tussen Bloemfontein en Colesberg. Dit veroorsaak dat verkeers wette nie toegepas word en onderhou word.

Samuel ·

‘n Mens kan net dink wie die bestuurder en sy passasiers was. Tragies, maar kon voorkom gewees het.

Foefie ·

Dis hartseer. So kort voor Kersfees. Vir geen mens kan dit maklik wees nie. Sterkte aan die naasbestaandes. So onnodig. Ai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.