Nege gevangenes ontsnap in Jan Kempdorp

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in die Noord-Kaap is op soek na nege gevangenes wat die naweek uit aanhoudingselle by die Jan Kempdorp-polisiestasie ontsnap het.

Brig. Masebueng Mochologi-Maleeme, woordvoerder van die polisie, het gesê die gevangenes was Sondagoggend in die ontspanningsarea toe hulle ontsnap het. “Die gevangenes is in hegtenis geneem vir verskeie misdade waaronder roof en moord.”

Mochologi-Maleeme het die publiek gevra om die polisie by te staan in die soektog na die gevangenes. “Die publiek word wel aangemoedig om nie die verdagtes te nader nie aangesien hulle gevaarlik kan wees.” Volgens Mochologi-Maleeme is daar ʼn interne ondersoek van stapel gestuur na die voorval.

Die verdagtes is Mosimane Mogakwe, Irvin Pampier, Vincent Moitse, Katlego Mooki, Bradley Davids, Sivile Rona, Joel Mokomela, Antonie Seipubi en Joseph Gras.

Enigiemand met inligting kan die polisiestasie kontak by 053 4565602/03 of kapt. Reuben Masire by 082 495 4644.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

Inside job, vervolg die personeel aan diens, onbevoeg om die werk te doen.

Ivan ·

Die spelling van die ontsnaptes se name vertel die hele storie. “I rest my case”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.