Nege in hof ná geweld in Potch

Polisielede op patrollie in die omgewing van Ikageng in Noordwes, waar betogers Woensdag die N12 vir verkeer versper het. (Foto: SA Polisie)

Nege beskuldigdes wat in hegtenis geneem is in verband met die afgelope week se gewelddadige betogings in Potchefstroom en Ikageng in Noordwes, is Vrydag op borgtog van R300 elk vrygelaat.

Lt.kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die nege verdagtes het vroeër vandag in die Potchefstroom-landdroshof op aanklag van openbare geweld verskyn. Hulle word op 16 Julie terug in die hof verwag.

Intussen sal ʼn 36-jarige verdagte wat op aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging in hegtenis geneem is nadat ʼn graafmasjien tydens die betoging gebruik is om stukke van ʼn pad in Ikageng op te breek, eers Maandag in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig ʼn gedeelte van die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp was Woensdag ure lank gesluit nadat betogers vir ʼn derde agtereenvolgende dag die verkeer ontwrig het. Die pad is Woensdagaand weer oopgestel.

Betogers het gedurende die gewelddadige protesaksie die polisie en motoriste met klippe bestook en die vrag van ʼn vragmotor afgesteel, het Myburgh gesê.

Orde is intussen weer in die gebied herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Muffin ·

R300 borg. Die SAP kon hulle maar net sowel gelos het. Neem in ag die verhoorkostes.

Johan ·

As jy mooi lees sal jy sien dat die verdagtes almal in die hof verskyn het toe op borgtog vrygelaat is. Dus het die hof die borg bepaal en nie die SAPD nie. Hou op om altyd die polisie sleg te wil maak.

Carl ·

@Johan: Maar dit is mos duidelik wat Muffin bedoel. Moet tog nie so sensitief wees nie.

Danie ·

Laat ANC en Luthuli huis betaal vir alle skades.
Hulle is direkte oorsaak daarvan. Los pad in Ikageng as grondpad..dis waaraan hul gewoond is!!!!

Chris Ws ·

Die pad wat deur die graafmasjien beskadig is moet so gelos word en deur die betogers self herstel word as hulle wil.
Die polisie moet nie ontplooi word na sulke betoger tonele toe nie ,maar die weermag wel en hulle moet met pantser voertuie en haelgewere met bokhael die betogers uiteen jaag.Die polisie kan in elk geval NIE sulke situasies beheer nie.

Marinda ·

Presies wat ek gedink het Chris. Laat die een wat die skade aan gerug het dit reg maak sonder vergoeding.

Strandloper ·

Oor en oor die selfde taktiek wat niks oplewer nie? Pie-pie net in die wind….

Saint ·

Ja ,né. Nogal met grondverskuiwing toerusting.
Dan was dit mos nie ‘n opportunistiese aksie nie, maar dan.wel met voorbedagte rade.

SjN ·

SAPD moet minder monitor en optree, die drywer van die backactor sal vinnig stop as daar n rookgranaat in die kajuit gegooi word.

Louis leeu ·

Wat help dit dat hulle inhegtetenis geneem is ,die skade is reeds gedoen en dan word hulle op borg los gelaat,nie sal vir daardie skade betaal.

Hendrik Steenkamp ·

Destyds toe ons in die weermag was moes ons skare beheer doen en nie die Polisie nie. Bygesê toe was die weermag nog ‘n weermag en die polisie nog ‘n polisie. Die mense wat so plunder kom weg met alles want daar is geen beheer in ons land nie. Kry die weermag en maak net 1 oproer skoon en kry klaar dan sal hulle ‘n 2e maal dink voordat hulle weer so maklik toy toy

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.