Nege in hof oor onwettige mynbedrywighede

Argieffoto

Nege persone, wat Woensdag in hegtenis geneem is in verband met onwettige mynbedrywighede by Atok naby Lebowakgomo in Limpopo, het vandag in die Sekhukhune-landdroshof verskyn.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes se aansoek om borgtog is afgekeur. Hulle bly in aanhouding.

Die saak teen Steven Khathutshelo Livhalani (34), Zihinopi Sibindi (38), Joseph Morake (31) en Raymond Mogabane (31) is tot 13 Januarie uitgestel.

Troy Masekeza (22) en David Chironge (37) moet weer op 15 Januarie in die hof verskyn.

Die ander drie beskuldigdes, Vincent Mpusheng Malapane (45), Mahlatse Solly Ntwampe (27) en Moritinyane Simon Thobejane (43) se saak is tot 21 Januarie uitgestel.

“Polisiebeamptes het tydens die inhegtenisneming beslag gelê op grondverskuiwingstoerusting en voertuie ter waarde van R6 miljoen,” het Mojapelo bygevoeg.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.