Nege in hof oor transitorooftog

(Foto verskaf)

Nege mans, wat in Riviera Park in Mahikeng in Noordwes in hegtenis geneem is in verband met ʼn beplande transitorooftog, het Maandag in die Molopo-landdroshof in Mmabatho verskyn.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het gesê die saak teen Jan van der Westhuizen (57), Steyn Mokgibo (54), Terry Molosiwa (52), Reuben Mulenje (51), Moalosi Ngubeni (50), Thabo Khunou (41), Mbulelo Quma (40), Sylvester Mphephu (30) en Buhle Nkosi (30) is tot 23 Oktober uitgestel vir hul aansoek om borgtog.

Die groep is op 12 Oktober by ʼn huis in Riviera Park in hegtenis geneem terwyl hulle glo besig was om ʼn transitorooftog te beplan, het Rikhotso gesê. Die span het reageer op ʼn wenk van misdaadintelligensie.

Daar is tydens die inhegtenisnemings beslag gelê op verskeie vuurwapens en vier luukse voertuie, ʼn swart Jeep, ʼn Audi Q5, ʼn Mercedes ML en ʼn Ford Ranger.

“Die aansoek om borgtog van tien mans wat in verband met ʼn transitorooftog in Matlhonyane buite Mahikeng in hegtenis geneem is, het Maandag in die Molopo-landdroshof voortgeduur. Joel Moepeng (42), Monnapule Godfrey Phale (42), Xolile Qoma (42), Joseph Thilo (40), Mosimanegape Molefe (39), Zwelebanzi Mbango (35), Taka Mpofu (35), Israel Mokaila (32), Ofentse Mokheai (29) en Lebogang Morwe (29) het na bewering op 30 September met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug toe hulle ʼn pantservoertuig oopgeblaas het. Die rowers het drie vuurwapens van veiligheidswagte op die toneel gebuit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SjN ·

Waarvoor borg, hul weet mos wat was deur hul beplan, gooi die sleutel weg.

HENK DU TOIT ·

Verkiesings veldtogte is nie goedkoop nie. Dit is lagwekkend om te dink dat daar geen aanvalle op blanke boere is nie en dat die ANC geen baat vind by transito rooftogte nie. As mens dit glo behoort jy darem al die paashaas aan huis gehad het.

Alida ·

Daar is daagliks 1000e hofverskynings. Wanneer word hulle gevonnis en toegesluit. Kan iemand my se.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.