Nege mense sterf weens hittegolf

Argieffoto

Argieffoto

Die afgelope week se hittegolf het die lewe van minstens nege mense in Noordwes geëis.

Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, het gesê die nege mense is by die Mahikeng- provinsiale hospitaal weens sonsteek of ontwatering dood.

Volgens die hospitaal is vyf mense met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar terwyl nog drie mense Donderdag dood is en die ander persoon Vrydag. “Al die pasiënte is van verskeie fasiliteite in die Ngaka Modiri Molema-distrik verwys. Teen Vrydag was daar altesaam 16 pasiënte in die hospitaal weens hitte-uitputting. Drie van die pasiënte is in die hoësorgeenheid.”

Masike het ’n beroep op mense gedoen om voorkomende maatreëls te tref. “Hitte-uitputting is die ernstigste hitteverwante toestand. Dit vind plaas wanneer die liggaam nie sy eie temperatuur kan reguleer nie. Die liggaam se temperatuur styg vinnig en kan nie weer afkoel nie. Wanneer hitte-uitputting voorkom, kan liggaamstemperatuur tot 41,1 °C of hoër binne 10 tot 15 minute styg.”

Simptome van hitte-uitputting sluit in: warm, droë vel of uitermatige sweet, hallusinasies, hoofpyn, hoë liggaamstemperatuur, duiseligheid en aangetaste spraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bruno Stef ·

Busvragte ANC ondersteuners is vanoggend deur ons dorpie in NW aangery na Rustenburg toe maar ek wonder nou net hoe gaan die hitte en die son met hulle galle werk want hulle kry darem as beloning n T-hempie en n kospakkie.Verwag maar n hele klomp ongevalle die temperatuur in Rustenburg is niemand se maat nie

SNEL ·

Ja Bruno, veral vir die klomp wat nie n skaduweetjie kry nie en in die bloedige son moet sit.

Bekommerde ma, ja, vreeslike koue of hitte kan n neus laat bloei en lugreëlings ook. Water water water, so veel moontlik moet gedrink word, nie gaskoeldrank of enige ander drinkding nie, want dit help nie vir dehidasie nie. Jy kan ook hydrolyte by die Apteek koop en vir hom ingee om die elektroliete wat hy as gevolg van al die sweet verloor te vervang. Sit wet wipes in die yskas en laat hy sy gesiggie so nou en dan afvee met n lekker koue wed wipe. n Nat waslap kan in die plek van wet wipes gebruik word, sit een in die yskas en n lekker koue een op sy kop en ruil hulle soos hulle warm word om. Kan selfs in die vrieskas gesit word, en dit kan ook met n handoek gedoen word en dat hy dit oor sy rug gooi om af te koel. Buitenmuursatiwiteite sal ek beperk tot die minimum. Kinders moet nou maar so veel moontlik uit die son bly, hoed dra indien hulle in die son beweeg en baie baie BAIE water drink. Dit keer daai kopsere as gevolg van die hitte.

bekommerde mamma ·

My 7jaarige kind se neus het gister sommer net begin bloei. Dit het gelyk of daar n kraan oop gemaak is. Ek het gesukkel om bloeding te stop is dit ok n simtoom van hitte

Jan maak n Plan ·

Bruno Stef dit is “rent a crowd”. Ek glo nie dat 75% van die skare daar wil wees nie maar as ons ietsie kry – wie weet.
Bekommerde mamma – daai bloeiende neus – verseker het hitte n invloed daarop. Dadelik in n koelplek en n koue nat lap om die nek en n stukkie ys op en af teen die buite kant van die neus. Dit alles terwyl ons lekker op n koel sement of teel vloer le. Werk vir my elke keer. Byt vas ons reen is nie te ver nie.

Alet Murray ·

Dis baie sleg dat mense sterf van die hitte. En dit bly warm want daar is nie reën nie. Dit is vir my ook sleg dat mense nie aan die diere ook dink nie. Ek sien gistermiddag net na 13:00 ‘n trok met 5/6 beeste op wat op stopsraat gebreek het. Arme beeste staan amper ‘n uur doodstil in bloedige son terwyl eienaar lekker onder koelteboom wag. Selfs al beweeg trok tussen dorpe is dit nog vrek warm. Kan die boere nie maar ‘n seil of skadunet oor tralies span vir effense beskerming nie? Mense is wreed en selfsugtig.

Hendrika O'Neill ·

Toe ek en manlief by my broer in Pta gekuier het en dit so warm was, was ons meestal binnenshuis maar nog steeds het ek baie erg gesweet en pap gevoel dan het ek yskoue water oor my kop uitgegooi oor die wasbak of gaan stort met net yskoue water en baie water gedrink dit het gehelp en waaiers 24/7 aangehad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.