Nege ontsnap uit selle by polisiestasie

Argieffoto

Argieffoto

Nege gevangenes het Woensdag uit die selle van die polisiestasie in Stellenbosch ontsnap.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig die ontsnapping het tussen 14:15 en 14:45 gebeur. Hy het nie uitgebrei oor hoe die gevangenes dit reggekry het om te ontsnap nie.

Volgens Van Wyk het die gevangenes almal vroeër in die hof verskyn op verskillende aanklagte van gewapende roof, verkragting, diefstal en roof. “Die SAPD se opsporingspan is ontplooi om na die ontsnaptes te soek, maar geen van die verdagtes is tot dusver weer in hegtenis geneem nie,” het Van Wyk gesê.

ʼn Saak van ontsnapping uit wettige aanhouding is aanhangig gemaak. Enigiemand met inligting oor waar die verdagtes is, word versoek om Crime Stop op 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ouvrou ·

As always – inside job . as die geld reg is laat jy ENIGIEMAND vry al is hulle daar vir ROOF EN VERKRAGTING. Dit is absoluut skokkend en dan wonder mense hoekom ons na die ou dae terugverlang . niks met RAS te doen of met APARTHEID nie ons verlang terug na die OU DAE TOE DAAR NOG reels was en dissipline in die polisie. En hulle trots was op hulle werk en hulle die misdadigers aan die pen laat ry het, nie hulle help ontsnap of saam gesteel het nie .. EK MIS DIE OU DAE >julle kan my maar kritiseer sover soos julle wil.

Uvonka ·

Houdini’s met hulp!!!! Ek is nie eers meer vebaas of geskok oor aangaan nie, ‘n mens leer om dit te verwag deesdae!

Johanna Botha ·

Byna weekliks ontsnap mense uit aanhouding …polisie is maar useless !

koos ·

Hoekom keer hulle die verdagtes aan? Kyk die polisie verdien ook nie ‘n besoldigde salaris nie. So iets om sy salaris a hipstoot te gee, al beteken dit die krimineel moet nou gaan off finish met die victim, hy’t sy aanvulling gekry. Dit is wat saak maak nie om die krimineel in te hok nie.

PMB ·

Ontsnap????? Asb, hulle is tien teen een vry gelaat deur hulle makkers. Wat se onreg is dit teenoor die gemeenskap. Hoop dat die koppe gaan rol?

John ·

Hulle wou net gaan inskryf op die kampus. Verstaan tog, dis mos sulke tyd en die toue is lank. Moet hulle nie te gou terug verwag nie…

Celia ·

Daar behoort fotos geplaas te word sodat ons hul kan eien en die polisie kan help met soektog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.