Nege registrasiepunte bly gesluit weens protesoptrede

Suid-Afrikaners kan die naweek registreer vir die verkiesing (Foto: DA KZN, Twitter)

Altesame nege van die 23 151 registrasiepunte en -sentrums regoor die land kon nie Sondag oopmaak nie hoofsaaklik weens protesoptredes oor swak dienslewering.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê die tweede dag van die kieserregistrasienaweek het andersins goed verloop met 29 305 kiesers wat teen vanoggend reeds geregistreer het om op 1 November hul kruisie te plaas.

Dit is bykomend tot die 598 000 registrasies wat Saterdag op die eerste dag van die kierserregistrasienaweek aangemeld is.

Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, sê altesame 39 519 kiesers het intussen op die kommissie se aanlyn portaal geregistreer om te stem.

Dié portaal bly tot Maandag middernag oop en die OVK moedig Suid-Afrikaners aan wat nie tydens die kieserregistrasienaweek geregistreer het nie, om van dié fasiliteit gebruik te maak.

Aansoeke om spesiale stemme open ook Maandag terwyl die benoeming van kandidate vir die munisipale verkiesing Dinsdag om 17:00 sal sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Buck ·

Swak dienslewering? Gaan kyk bietjie hoeveel van die Betogers betaal munisipale belasting en vir die dienste waarop hul so aandring

Joe Olivier ·

Die klomp wou so graag stemreg hê, maar weet na 27 jaar nog steeds nie waaroor dit werklik gaan nie. Demokrasie in Afrika beteken niks. “Looters” en kriminele het net soveel stemreg soos getroue betalers en wetsgehoorsame burgers.

Werner ·

Hoe naïef moet ons noe wees as ons dink die verkiessing gaan vry en regverdig wees.

Anoniem ·

Met die nie-Onafhanklike ANC Verkiesingskommissie aan stuur van sake is dit vry maar twyfelagtig regverdig

Adriaan ·

Ek is nuuskierig oor waar die geaffekteerde registrasiepunte was, want daaruit kan jy n raaiskoot waag oor wie se ondersteuners dinge ontwrig het.

Sarel ·

Wat doen die SA Regeting om veligheud vsn Kiesers te wasrborg….wie gaan die vraag vra..

Elmarie ·

Het mense nog nie geleer protesoptrede, breek en brand help NIKS. Julle verontrief net almal en dit kom tot niks. Hou op stem vir die loosers!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.