Nege ‘rowers’ vas ná skietery met polisie by Kranskop

Argieffoto

Nege mans is in hegtenis geneem ná ʼn skietery met die polisie tydens ʼn gewapende rooftog in Kranskop, KwaZulu-Natal.

ʼn Groep gewapende mans het Vrydag op Kharodias Wholesalers in Kranskop toegeslaan en die eienaar beroof van R520 000 in kontant, sigarette, lugtyd en ʼn pistool wat aan die bestuurder behoort het, het die polisie Saterdag gesê.

Die verdagtes het in vier motors gevlug en “verskeie skote geskiet toe hulle by die polisiestasie verbygery het, op pad na die Kwadolo-gebied. Die beamptes het die verdagtes agternagesit en ʼn groot lug- en grondoperasie is uitgevoer.

Nege van die verdagtes is by verskillende huise in hegtenis geneem. Vier verdagtes is tydens die skietery beseer. Die verdagtes is op die toneel behandel en drie is na ʼn hospitaal geneem.

“Die polisie het beslag gelê op ʼn AK47-aanvalsgeweer, ʼn haelgeweer, ʼn rewolwer, drie pistole, kontant, sigarette, lugtyd en nege selfone. Die polisie het ook beslag gelê op die vier voertuie wat tydens die rooftog gebruik is.”

Al die verdagtes is oorspronklik van Umlazi, KwaMashu en Msinga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johanna Botha ·

Daar is n groot mootlikheid dat hulle uit polisie aanhouding kan ontsnap soos al so baie gesien

Hans ·

Die sekuriteit by en rondom die president se woning sal nou seker oornag verder uitgebrei word.

Ramkat ·

Another soft slap on the wrists in the offing.
What else do you expect?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.