
Die ongelukstoneel. Foto: Herald PE/Twitter
Tshepho Machaea, woordvoerder van Arrive Alive, het gesê ʼn Toyota Corolla en ʼn Toyota Quantum-minibus het tussen Graaff Reinet en Middelburg gebots. Die vier insittendes van die Corolla is in die ongeluk dood. Vyf insittendes van die minibus is dood. Die Herald PE berig twee van die oorledenes is kinders.
Volgens Machaea is vier insittendes van die minibus ernstig beseer in die ongeluk. Hy het gesê die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en dat die pad steeds vir verkeer gesluit is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Die presiesse oorsaak van die ongeluk? Kom ons dink so bietjie mooi oor daai moeilike vragie …
Was daar ‘n
a) Taxi betrokke?
b) Wettelose persoon betrokke?
c) Persoon sonder ‘n geldige lisensie betrokke?
d) Al die voorafgenoemde?
Antwoord: D!!!!!
Kop-teen-kop, trompop, reg van voor. Net wat jy dit wil noem. Dit raak nou ‘n algemene gesig en daar is net nie ‘n einde hieraan.
Daar is ‘n GROOT fout met padgedrag.
Ons is mos nou vry. Ons kan doen wat ons wil.