Nege sterf in botsing in Oos-Kaap

Die ongelukstoneel. Foto: Herald PE/Twitter

Die ongelukstoneel. Foto: Herald PE/Twitter

Nege mense is dood en vier kritiek beseer in ʼn botsing vroeg Saterdagoggend tussen ʼn motor en ʼn minibustaxi op die N9 in die Oos-Kaap.

Tshepho Machaea, woordvoerder van Arrive Alive, het gesê ʼn Toyota Corolla en ʼn Toyota Quantum-minibus het tussen Graaff Reinet en Middelburg gebots. Die vier insittendes van die Corolla is in die ongeluk dood. Vyf insittendes van die minibus is dood. Die Herald PE berig twee van die oorledenes is kinders.

Volgens Machaea is vier insittendes van die minibus ernstig beseer in die ongeluk. Hy het gesê die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en dat die pad steeds vir verkeer gesluit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Asjas ·

Die presiesse oorsaak van die ongeluk? Kom ons dink so bietjie mooi oor daai moeilike vragie …
Was daar ‘n
a) Taxi betrokke?
b) Wettelose persoon betrokke?
c) Persoon sonder ‘n geldige lisensie betrokke?
d) Al die voorafgenoemde?
Antwoord: D!!!!!

Peet Schabort ·

Kop-teen-kop, trompop, reg van voor. Net wat jy dit wil noem. Dit raak nou ‘n algemene gesig en daar is net nie ‘n einde hieraan.
Daar is ‘n GROOT fout met padgedrag.

Issabelle ·

Dit is skokkend om elke dag oor sulke ongelukke te lees …. Ja nee ….. hier het spoed seker weer ook ‘n rol gespeel ,onervare bestuuder SONDER geldige bestuurders lisensie !!!! Maar die skuldiges kry altyd net ‘n ligte boete tot ‘n volgende keer ….. Die verkeersowerhede MOET ook DRASTIES baie strenger wees met persone wat NIE geldige & wettige bestuurders lisensie het nie …..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.