Nege sterf in een aand in Limpopo-ongelukke

misdaadtoneel

Argieffoto

Nege mense is Vrydagaand dood in vier verskillende ongelukke in Limpopo.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê twee mense is naby die Mukula-nedersetting dood toe twee motors reg van voor gebots het. Volgens hom is dié botsing veroorsaak toe een van die bestuurders “onwettig die ander bestuurder verbygesteek het”.

Twee mense is in dié ongeluk oorlede.

Vier mense is in ʼn tweede ongeluk by die Ximoxoni-nedersetting oorlede toe ʼn vragmotor en ʼn voertuig, vermoedelik ʼn minibus-taxi, gebots het. Vier mense, onder wie een vrou en drie mans, is dood. Een mens is in ʼn kritieke toestand, drie ander is ernstig beseer en ses mense het geringe beserings opgedoen.

Twee mense van Seshego buite Polokwane is dood toe die bestuurder van ʼn motor beheer verloor en die motor die pad verlaat het. Die motor het op sy dak beland. Die bestuurder en die passasier wat voor in die motor gesit het, het ernstige beserings opgedoen.

In ʼn vierde voorval in Limpopo is ʼn 35-jarige man dood toe ʼn bakkie en ʼn ligte voertuig by Mohodi Ga-Manthatareg buite Dendron reg van voor gebots het. Die bestuurder van die bakkie is oorlede terwyl die bestuurder van die motor en ʼn passasier in dié voertuig ernstige beserings opgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mode ·

Verontrustend hoedat kop-teen-kop ongelukke plaasvind en amper ‘n mode is. Ek weet van ‘n plek met die naam ‘Dendron’ maar nie van ‘Drendon’.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Mode
Dankie vir jou kommentaar en vir jou valkoog! Dit is inderdaad “Dendron” en nié “Drendon” nie. Die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Chrisjan ·

Die minister van vervoer moet hier gaan ondersoek instel om uit te vind wat de joos vang die mense aan.Ek is oortuig meeste van daai ongelukke kon voorkom gewees het met bevoegde bestuurders agter die stuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.