Nege sterf in gru-botsing

Argieffoto

Nege mense is dood toe twee voertuie Maandag in die vroeë oggendure buite Nelspruit in Mpumalanga gebots het.

Joseph Mabuza, woordvoerder van Mpumalanga se departement vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het gesê die botsing het omstreeks 03:50 naby Karino plaasgevind.

“ʼn Ligte afleweringsvoertuig en ʼn sportnutsvoertuig het mekaar reg van voor getref, waarna albei voertuie aan die brand geslaan het,” het Mabuza gesê.

Agt mense se liggame is op die toneel gevind. Sewe van die oorledenes se liggame is onherkenbaar verbrand.

Twee mense is na ʼn hospitaal geneem waar een later dood is.

Die oorsaak van die botsing is onbekend en word ondersoek. Die pad is vir verkeer gesluit terwyl die polisie en nooddienste werk om die toneel op te ruim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann Marx ·

Totdat Suid Afrikaanse bestuurdes begin leer waarvoor ‘n soliede wit lyn in die middel van die pad geverf is……..sal daar net al hoe meer kop-aan-kop botsings plaasvind. Ek was Saterdag Potch toe vir Jool……….SEWE voertuie het my oppad soontoe verby gesteek op ‘n soliede wit lyn, of selfs dubbele soliede wit lyn. Dis asof hulle nie verstaan HOEKOM daardie lyn daar is nie?

Yankee ·

Hulle weet wel waarom daar n wit lyn is. Die probleem egter, almal wys middelvinger daarvoor. Dieselfde geld vir wet en orde in die verskeurde land.

snoefie ·

behoort daar nie ondersoek ingestel te word na hoekom voertuie bly brand nie? heng dis mos nie almal Fords nie.

ss ·

Snoefie,dis ook n vraag wat my al lank pla,n mens hoor net meer en meer van botsings waar die voertuie aan die brand slaan,baie meer as voorheen.Wonder wat die rede sal wees?

Martin ·

Petrol slaap aan die brand as dit met die warm enjin in sneaking kom. Dan kan die battery ook ontplof en n vonk veroorsaak en petrol dampe aansteek. Diesel begin brand by 50 grade. Dink n warm enjin is warmder as dit.

JSG ·

Gaan kyk waar is moderne voertuie se brandstof tenks geïnstalleer en waarvan dit gemaak is en jy sal jou antwoord vind.

Deloris ·

Johann Marx, ek voeg ook by…. en gekoopte of vervalste bestuurs lisensies.
Ek kan net my kop skud as ek sulke goef sien.

Piet Pompies ·

Die gedeelte van die pad is die hoofroete na ons buurland Mosambiek, dit is ook so dat oorlaaide en onpadwaardige voertuie gedurende die nag hul verskyning maak op die paaie.

Helen ·

N ligte aflewerings voertuig? 7 mense het gebrand? So daai voertuig was alweer oorlaai en was haastig want dit was gebruik vir n taxi?
Daar is al die andwoorde…..

Lance ·

Ek ry die N4 gereeld tussen Malalne en Komatipoort en dit is skrikwekend om die oorlaaide waentjies te sien en Taxis sonder ligte,hulle word afgetrek en ń paar kmś verder sien jy hom maar weer.

Dewald ·

Dis nie net Suid – Afrikaners wat so ry nie. Gaan kyk bietjie op Facebook na al die videos van botsings in ander wereld dele – ek gebruik nie woord ongeluk nie, want daar is nie so ding soos ongeluk met ‘n voertuig nie. Ook altyd gedink is net ons klomp wat soos hulle agterstewes bestuur maar gaan maar net so oes in ander dele. Grootste probleem is mense se arrogansie en dat hulle dink hulle weet hoe om ‘n voertuig te hanteer en dat mense dink hulle is belangriker as enige iemand anders op die pad.

JSG ·

Stem saam met jou. Het in my polisie tyd ook geleer dis ‘n botsing en nie ‘n ongeluk. Botsings kan meeste van die tyd gekeer word. Ongelukke nie. Moenie vergeet dat min bestuurders logika het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.