Nege sterf in gru-botsing op N1

Die kombi se wrak op die toneel. Foto: Twitter

Die kombi se wrak op die toneel. Foto: Twitter

Nege mense is dood nadat ʼn kombi in die vroeë oggendure teen ʼn stilstaande vragmotor op die N1-snelweg naby Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo gebots het.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ʼn swaarvoertuig van Zambië het sowat 15 km suid van die dorp halfpad in die noodbaan en stadige baan op die snelweg stilgestaan.

“Die kombi het van agter teen die vragmotor gebots waarna albei voertuie aan die brand geslaan het,” het Otto gesê. “Die bestuurder van die kombi en agt passasiers is op die toneel dood. Twee passasiers het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Al die liggame was in die kombi en het brandwonde opgedoen. Die beseerde passasiers het ook brandwonde opgedoen.”

Die vragmotorbestuurder en sy passasier is ongedeerd. Die bestuurder, ʼn Zambiese burger, is in hegtenis geneem op aanklag van strafbare manslag. Hy moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa ·

Goeie genade. Wat is dit met stilstaande vragmotors ens op die paaie wat sulke verskriklike ongelukkige veroorsaak? Dit is nou kort-kort se ding. Waar is die Metro Polisie? Word die paaie nie gepatroleer nie of meng dit in die lede se slaaptyd in? As jy jou bestuurderslisensie moet gaan hernu kom die spul met allerhande snert vorendag. Pleks laat hulle aandag aan ander noodsaaklike dinge aandag gee en veral die Taxi’s wat so oor rooi robotte ry en sommer oor middelmannetjies. Julle moet hier by ons kom kyk, Die sirkus is groot hier op ons paaie.

CHRISTA ·

Dries, lees net my kommentaar by die berig voor hierdie een dan sal jy weet waar jy die surkusse in die hande kan kry – DAAR IS MEER AS EEN!!!

Hein ·

Metro polisie is soos dassies. Hulle kom net uit in mooi weer en as daar geen gevaar is nie. Jammer dassies met die vergelyking. Julle is baie meer werd vir die gemeenskap.

Berhalet Beukes ·

Ek sou graag wou weet waarom ons jaarliks miljoene aan pad ongelukke fonds eise bestee as 90% van ongelukke agv nalatigheid is?

Winston ·

Die grootste deel van die volk weet dit nie. Dis onsigbaar soos die vooruitgang in die land. Aldus ons agbare president wat eintlik n presedent is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.