Nege sterf in gru-botsing

Foto: Trauma Response Africa

Foto: Trauma Response Africa

Nege mense, onder wie kinders, is Vrydagoggend in ʼn botsing in die Vrystaat dood.

Volgens Trauma Response Africa het ʼn bakkie en minibustaxi reg van voor tussen Zastron en Sterkspruit gebots. Die minibustaxi het ná die botsing aan die brand geslaan en vyf insittendes het doodgebrand.

Die departement van gesondheid in die Vrystaat het intussen gesê ʼn boer van die omgewing het die bakkie bestuur en was ná die botsing in die wrak vasgekeer. Hy is op die toneel dood verklaar. Volgens die departement is drie van die oorledenes kinders.

Volgens berigte het boere van die omgewing gehelp om die brand te blus. Sewe mense is in die ongeluk beseer en is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese sorg.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Bruno Stef ·

Die Taxi het die bakkie in die linkerbaan getref MAW dit was weer n geval dat die Taxi bestuurder n ander voertuig verbygesteek het.Ek moes al verskeie kere voorheen tot op die grondskouer uitswaai om n kop aan kop botsing met n Taxi te voorkom.

Wern ·

Ek wens verkeersmense word met gewere toegerus om met die te reken wat ander voertuie onveilig verbysteek.

Jef ·

Die soveelste keer n ongeluk waarby n taxi betrokke is, wanneer gaan die taxi bestuurders besef dat hulle nie die enigste op ons paaie is nie en dat daar verkeersreels in die lewe geroep is om na te kom.

Ddt ·

Man, taxi bestuurders het nie brains nie. My swaer het ook so aan sy einde gekom.

Manie ·

Mense kan maar sê wat hulle wil maar taxi’s is van die duiwel. Ek kan nie glo mense betaal geld om op so onverskillige manier vervoer te word. n groot probleem is die wet toepassers doen nie hulle werk

lina ·

Omdat die meeste nie lisensie het nie. Baie ander het dit gekoop. Ander is gedrink ander jaag om meer geld te maak ander se taxis is nie padvaardig nie en so kan die lys aanhou en aanhou.

Jan maak n plan ·

Wat het ek vroeër die week gesê op MM. ALWERR N TAXI, ALTYD N TAXI. DAARS DEESDAE BY ELKE ONGELUK N TAXI BETROKKE!!!!!!!

Sarie ·

My hart gaan uit na die ouers & naasbestaandes… Dit gaan vir hulle ‘n droewige Kersfees wees. Mag die Vader hulle in hierdie hartseer tyd dra…

dries ·

Kyk maar hoe ry hierdie taxis oor rooi ligte en as jy kla word jy gevloek tot onder jou klere. hulle weet jy kan niks doen nie want hulle is n klomp lafaarts.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.