Nege sterf in grubotsing

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Nege mense is dood en talle beseer in ʼn ongeluk Donderdagoggend suid van Johannesburg.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het op die R82 op pad na Walkerville plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel het die bestuurder van ʼn minibustaxi beheer oor die voertuig verloor. Die taxi het van die pad af geswenk en teen ʼn betonbushalte langs die pad gebots, waarna die wrak in twee geskeur het,” het Botha gesê.

Volgens ooggetuies het die taxi glo vir ʼn stilstaande voertuig uitgeswaai, voor die bestuurder beheer daaroor verloor het. Van die mense is in die trefslag uit die voertuig geslinger.

“Nege mense is op slag dood. Twee is in ʼn kritieke toestand aangetref en vier het ernstige beserings opgedoen.”

Paramedici van verskeie nooddienste het die beseerdes op die toneel behandel voordat hulle na verskeie hospitale in die omgewing geneem is vir verdere behandeling.

Beamptes was op die toneel om die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Snuffels ·

As die Taxibestuurder by die spoedgrens gehou het asook die volgafstand sou hy nie beheer oor sy voertuig verloor het nie, hulle ry altyd op ‘n mens se stert. en jag van die een verkeerslig na die ander

johann ·

Bestuurders lisensies word mos gekoop
In plaas van grond kan zuma gerus vir elkeen n taxi koop…. sal baie van ons probleme oplos

Hilda ·

16 mense in een taxi? Dis nou die drywer ingesluit! Ongelooflik. Was laasweek by SAPD om my ongeluk aan te meld toe daar n man instap saam n taxi drywer. Die man het die taxi drywer se ruit met n wheel spanner uit geslaan. Hy het die man gedreig wat met sy kleinkinders in die kar was. Hom van die pad probeer afdruk. En raai hoeveel getuies staan in die polisie stasie wat in die taxi was? 21 van hulle…..in een taxi.

Heinrich ·

Die regering het geen beheer oor die chaos en verwoesting wat hierdie verdomde taxis op die paaie saai nie; oor hulle almal self deel het in die bedryf en nie hulle eie inkomste wil beinvoed deur die bedryf aan te vat oor hulle wetteloosheid nie. Ek aanvaar dit sal as ‘n rassistiese oefening uitgekryt word as ek vra vir statistieke van ongelukke wat deur taxis veroorsaak is en die persentasie wat hulle verteenwoordig in die maandelikse padsterftes?

Ella ·

Ja Heinrich!! Ek is saam jou! Wil ook baie bitter graag daardie statistieke sien.

sonja ·

Dit is om van siek te word. Iets moet in n Taxi installeer word sodat hulle nie vinniger as 80 km ph kan ry. Wat het van bus stoppe en Taxi Stoppe geword. Daar word net elke 500 meter gestop om mense op of af te laai. Ek was al hoeveel keer amper agter in hulle vas. Van dubbel bane maak hulle 3 bane. By verkeersligte wat af is het hulle geen clue hoe werk n fourway stop. Die pad behoort mos aan hulle. en kom jy in ‘n ongeluk het hulle geen versekering. Maar nou ja. hulle rule en dit saam met hulle verkeersbeampte maaitjies.

Piet Pompies ·

Heelwat Minibus Taxi eienaars is wetstoepassers, ek verwys na lede van SAPS veral in die Vaaldriehoek. Hierdie voertuie dien as addisionele inkomste en geldmaak is ‘n groter prioriteit bo instandhouding van die voertuig of wetsgehoorsaamheid.
Hoe meer passasiers per dag vervoer word, hoe groter die wins…. ten koste van passasiers

Estelle ·

Ai toggie alweer beheer verloor!!!Alhoewel die taxi bestuurder uitgeswaai het vir n stilstaande voertuig moet n bestuurder by die regte spoed hou dan sal jy nie beheer verloor nie. Hoe viinniger n taxi bestuurder jaag hoe meer geld kan hy maak. Hierdie bestuurders moet hul insittendes ook in ag neem want hul lewens hang af van hom. My innige meegevoel aan die oorledenes se naasbestaandes en sterkte ook aan die beseerdes.

m4 ·

Ja die bestuurder wou seker weer aan die linkerkant verby steek…… Sien dit daagliks.

Ruby ·

Het taxis aan wit mense behoort sou hulle nou begrafnisse en medelye onkostes gehad het en ‘n minister sou die naasbestaandes besoek het.

apostelperdpersoon ·

die maniere wat veral taxibestuurders die wet oortree is angswekkend. vlieg teen maklik 100kmh in 60kmh zone aan jou linkerkant verby al wat motor is om twee motors viir die verkeerslig eenvoudig rigtigwyser aan te sit en voordat almal in te swaai en oor die verkeerslig te vlieg. natuurlik skitter die verkeerspolisie in hulle afwesigheid en self as hulle dit sien,lig hulle geen vinger om die Vermeer skirt refer te stop nie.

Johann ·

N TAXI? Haai nooit? Van die HEILIGSTE vervoer moontlik. Alle HEL word uit die goed gery sonder n gedagte van onderhoud. En dan natuurlik hulle fenominale bydrae tot die inderhoud van die laaie wat hulle so.blatant misbruik…o ja skuus…hulle lewer n publieke diens en dra zirrrrr by vir die belasting kaste! En vermetel genoeg om iets soos n wereld sukses UBER nie hier te wil he nie!? Dis mos Afrika Demokrasie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.