Nege sterf in Limpopo-ongeluk

Die ongelukstoneel. (Foto: Facebook)

Nege mense, van wie twee kinders, is Dinsdagoggend in ’n botsing in Polokwane, Limpopo, dood.

Luidens inligting het die bestuurder van ’n sportnutsvoertuig glo beheer oor dié voertuig verloor en reg van voor teen ’n vragmotor op die N1-verbypad naby Mall of the North in Bendor Park gebots.

Die pad was vanoggend tydelik gesluit terwyl nooddienste en wetstoepassingsowerhede op die ongelukstoneel geskarrel het.

Daar word vermoed dat moegheid moontlik die oorsaak van die ongeluk was, sê die provinsiale departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid.

“Dit is hartverskeurend om wakker te word met sulke verskriklike nuus,” sê Polly Boshielo, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo.

Boshielo het vanoggend haar medelye met die oorledenes se naasbestaandes betuig.

“Die bedroefde families is in ons gebede. Ons bid dat hulle krag gegun word om deur hierdie moeilike tyd te kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Oom ·

En daar is beslis nie 9 veiligheidsgordelpunte in enige sportsnutmotor nie. Hoogstens 5, so nie een van die insittendes het seker ‘n veiligheidsgordel gebruik nie.

Kobus ·

Kyk na die wrak. Gordels of nie, niemand sou lewend daar uitgekom het nie

Christine ·

Mens kry die 7-seaters, maar waar druk jy nog twee mense in, in die kattebak? Of sal ek raai dat die 7-seater die volwassenes gehad het en die twee kinders op die mammas se skote gesit het?

Kuver ·

2 van die oorledenes kon in die vragmotor gewees het, nerens se hulle almal was in die nuts voertuig nie

Saartjievandiebosveld ·

Daar is 10 mense oorlede….die trok drywer is ook oorlede…daai was nie ‘n kop aan kop bosting nie ….daar was ‘n u-draai gemaak deur die Fortuner…reg voor die trok in…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.