Nege sterf in Limpopo-ongeluk

Nege mense het in die ongeluk omgekom. (Foto: Dept. van vervoer: Limpopo)

Nege mense is dood en ses beseer toe ʼn bakkie en ʼn minibus Woensdagaand glo reg voor van teen mekaar op die Deerparkpad gebots het.

Matome Moremi Taueatsoala, woordvoerder van die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, sê die nege slagoffers het op die toneel gesterf.

Die oorledenes sluit in die bestuurder van die Volkswagen Amarok en agt passasiers in die Toyota-minibussie.

“Die ongeluk het by die Nwanetsi-brug naby die Kubjwana-nedersetting in Bolobedu plaasgevind,” sê Taueatsoala.

Vyf mense is inderhaas vir behandeling na die Van Velden-hospitaal geneem.

Die LUR vir vervoer, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, het haar medelye met die familie van die oorledenes betuig.

Sy het ook ʼn beroep op motoriste gedoen om waaksaam te wees en spoed te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

thejudge ·

Dis nie spoed nie Mev LUR, dis arrogante 4×4 bestuurders wat met reeds hoë ligte op brights ry en die hele provinsie om hulle verblind! Voeg daarby ‘n onnosele ongelisensieerde taxi bestuurder en voilà! Disaster.

Aai ·

Jy sit die pot mis taxis ja as jy nie geweet het dit was ‘n bakkie wat sou jy gese het?(4 x 4 drywer)Jy praat snert jy weet nie wat gebeur het.

Theunis ·

Nie net 4×4 ouens nie. Dit is die mense wat kanse vat met sper strepe. Kyk hoeveel klein karretjie en taxi’s oortree.

Elinette ·

Ek dink die skuld hier kan gesoek word by die taxi – “arrogante 4×4 bestuurders” is daar sekerlik wel, maar hulle is waarskynlik in die minderheid, vergeleke met taxi bestuurders wat oor die algemeen dink die paaie behoort aan hulle en hulself spasie en geleentheid toe-eien waar dit nie bestaan nie. Voeg daarby: waarskynlik ‘n ongelisensieërde bestuurder, onpadwaardige of oorlaaide voertuig en dís ‘n resep vir ‘n ongeluk wat wag om te gebeur.

absoluutgatvol ·

As jy Limpopo bestuurders ken, sal jy weet dat hulle verbysteek sonder ‘n saak met sperstrepe of veilige aankomende verkeer in ag geneem. Ek neem eksepsie dat jy 4×4 bestuurders “label”…

E ·

Ek se nie dis 4×4’s alleen nie, maar menige bestuurder van duur motors is alewig besig op hulle selfone. moes self al koes vir ‘n paar van hulle. Ry in jou deel van die baan in en as jy kyk is hulle op ‘n selfoon.

Kokerboom ·

Ons moet versigtig wees om NIE te veralgemeen en aannames te maak tov 4×4 voertuigbestuurders. Die meeste is wetsgehoorsame bestuurders want hul besef hul lewe is op die spel, maar daar is ALTYD ‘n paar vrot appels en “cowboys”. Die kern van probleem lê egter by taxibedryf wat hul verbeel padreels is NET vir ander. Hou hul maar dop. Weereens is daar tog ‘n klein element wat wetsgehoorsaam is. Die opvoedingstaak lê by regering wat grootskaals sy plig versuim!!

Persheks Adri ·

Presies Kokerboom nie ons almal wat 4×4 ry is arrogant nie ons weet hoe om te bestuur en is eintlik ordentlik. Die taxi’s is die grootste sondebokke verban hulle man

Andrew ·

Die morele verval van die samelewing , geen gevoel vir die impak van hy/sy aksies. Sommige dink hulle kan die karre ruik en doen net wat hulle wil. Hule leiers toon tog dieselfde arrogansie.

Johann ·

Niks met spoed te doen nie. Bewegende misdryf veroorsaak botsings, ry oor sperstreep, steek verby wanneer dit nie veilig is nie, stop nie wanneer dit nodig is nie ens.
In die geval is dit tog duidelik dat twee voertuie in teenoorgestelde rigtings gery het in dieselfde baan.

Persheks Adri ·

Nie al die 4×4 bestuurders ry soos hulle wil nie ek ry ordentlik en kan my voertuig gebruik as ‘n wapen as ek moet!

Taxi’s is die grootste sondebokke oor die algemeen en gehoorsaam nie eers die reëls nie…

marius ·

Die waarheid is dat daar ‘n TLB sonder ligte in die nag op die pad was . Die bakkie het uitgeswenk en die minibus tromp op getref .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.