Nege sterf in trompop botsing in Limpopo

Foto: SAPD

Die polisie in Hoedspruit buite Phalaborwa in Limpopo ondersoek ʼn saak van strafbare manslag ná nege persone in ʼn trompop botsing tussen twee motors dood is.

Die ongeluk het Saterdagmiddag omstreeks 16:00 op die R531 naby Swadini plaasgevind, het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.

“ʼn Toyota 4×4-enkelkajuitbakkie, van Swadini se rigting, en ʼn Toyota Avanza, van Hoedspruit se rigting, het mekaar reg van voor getref. Agt persone is op slag dood. Twee persone is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling, waar een van die beseerdes later aan sy beserings beswyk het.”

Beamptes van die polisie se eenheid vir bedreigde spesies is ook na die toneel ontbied nadat emmers vol slangvelle, gedroogde stervisse, gedroogde krappe en ander mariene diere gevind is. Dit was agterop die bakkie vervoer. “Die ondersoek na die oorsprong daarvan word ondersoek.”

Dit is nog nie duidelik hoeveel persone onderskeidelik in die voertuie was nie. Die proses om die slagoffers te identifiseer duur ook voort.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Stella ·

Hulle moes met n helse spoed gery het!!dat voertuie SO lyk,,genade,EN baie haastig.

Johanna Botha ·

Nou kan die krappe dalk weer bq weer n kans kry …die bygelowe rooi al die spesies uit …hoe kan dit higienies wees

JohanR ·

Man man man!! Ek was al ampers ampers in ‘n tromp op botsing, maar die magte wat
gegenereer word as twee motors met spoed kop aan kop ontmoet moet geweldig wees? Kan nie genoeg se om voor en agter, kinders en babas in sitplek gordels te he nie. Selfs in ‘n tromp aan tromp, kan die met sitplek gordels nog lewendig uitkom. Ek skaakel nie eers die motor aan nie tensy almal vas is!!

Lc ·

Johan,R
Baie bly om te hoor jy doen wat jy doen.
Jy gee jou familie n Baie belangrike kaans.

Chris Ws ·

Ek is VIR die dra van sitplekgordels .Ongelukkig help ‘n sitplek gordel net tot op ‘n punt.In ‘n tromp op botsing tussen twee motors reg van voor help hulle niks.Ek het dit gesien toe ons op ‘n ongeluk afgekom het waarin ‘n goeie vriend van my en sy gesin in betrokke was.Die sitplek gordels het hulle erg pers gekneus Die man en vrou het erge hoofbeserings opgedoen en hul seuntjie het sy nekkie gebreek op die agtersitplek.Daai tyd was daar nog geen sitplek gordels agter in motors nie.Hulle is almal oorlede.Die vyf in die ander voertuig is ook almal opslag dood.Sitplek gordels het my en my vrou gered toe ‘n Land Cruiser op spoed van agter af in ons motor vasgejaag het.Ons is eers terug in ons sitplekke gegooi en toe met ‘n spoed weer vorentoe.Sonder gordels sou ons omgekom het.

jakes ·

In 99% van kop aan kop botsings is een van die bestuurders nalatig gewees. As jy deesdae lewend by enige bestemming opdaag is dit n wonderwerk. Ek is bly dat ek nie n verkeersman is nie want so n toneel moet uiters grusaam wees.

Francois ·

Skuus en in beide gevalle hierbo genoem was dit Limpopo bestuurders.

A Mac ·

Ek as leek wil graag die volgende weet. As die polisie ‘n ondersoek doen na strafbare manslag na die ongeluk en soos dit klink is al die mense wat betrokke was dood, wie gaan vervolg word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.