Nege sterf toe bestuurder ystervark probeer vermy

Argieffoto

Nege mense is dood toe ʼn taxi Maandag op die N1 tussen die Gariepdam en die Oranjerivierbrug in die Vrystaat omgeslaan het.

Sam Mashinini, die Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer, het sy skok oor die voorval in ʼn verklaring uitgespreek. Luidens die verklaring was daar 14 insittendes in die taxi toe die ongeluk gebeur het.

“Daar word beweer die taxibestuurder het probeer om ʼn ystervark in die pad te vermy en beheer oor die voertuig verloor waarna die taxi omgeslaan het. Nege mense is dood, drie het geringe beserings opgedoen en twee mense is ongedeerd.” Al die oorledenes is vroue.

Mashinini het sy medelye teenoor die families van die oorledenes uitgespreek. “Dit is inderdaad bitter hartseer, aangesien mense moeders, susters en tannies verloor het. Ek wens families vertroosting toe in hierdie hartseer tyd. Mag hulle bemoedig word. Ek wens al die beseerdes ook ʼn spoedige herstel toe,” het Mashinini gesê.

Die LUR het ʼn beroep op motoriste gedoen om die reëls van die pad te respekteer en soortgelyke noodlottige ongelukke te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

humor ·

Soortgelyke medelye hoor ons nie wanneer daarpynlike verliese aan die witmense se kant is nie. Het die ystervark darem ongedeerd daarvan afgekom?

Siek ·

Ja en dit maak my siek vir hierdie land, ons moet of trek of selfbeskikkingsgesprekke voer maar deel van die gemors land wil ek en baie ander nie meer wees nie.

Koos de Meyer. ·

Ja nee, hoeveel is nie in hierdie paar maande deur taxi ongelukke dood nie. Die Taxi’s moet eindelik die pad ongelukke fonds betaal.

Antjie ·

Jy bestuur ʼn taxi en sien iets in die pad. Wat doen jy eerste? Jaag vinnig nader om beter te sien, of ry stadiger sodat jy rustig rondom watookal kan ry? Ons taxi’s is steeds hopeloos te onverdraagsaam en haastig. Dis tyd ons kry eienaars wat die teenoorgestelde eienskappe op die bakwerk laat verf! Hulle kan dalk selfs ʼn paar sent meer vra as die ander, sodra hul gewildheid optel. Dis mense wat nie vir ander se lewens omgee wat duidelik hul onverdraagsaamheid en haastigheid so in alledaagse verkeer wys. Mens is lus en skree vir hulle: “Waar is jou brieke?!”

tamboti ·

Is dit nou die gepaste kommentaar deur die LUR? As die taxi gejaag het moet hy dit net so stel, maar as dit nie die geval was nie, en die bestuurder het net geskrik en probeer uitswaai? Dan kan jy mos nie die bestuurder verkwalik of ander waarsku dat hul by padreels hou nie!
Praat reguit – neem verantwoordelikheid – moenie doekies omdraai nie!

GM ·

Haha Antjie, is dit al wat jy vir hul wil skree? Jy is ‘n goeie mens!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.