Nege vas by UKZN se Westville-kampus

'n Betoger word in hegtenis geneem op die Westville-kampus. Foto: Giordano Stolley/ANA

‘n Betoger word in hegtenis geneem op die Westville-kampus. Foto: Giordano Stolley/ANA

Sewe van die nege verdagtes, wat Dinsdag by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Westville-kampus in hegtenis geneem is, is nie studente nie.

Dit is volgens Lesiba Seshoka, woordvoerder van die universiteit. Betogings by die Westville-kampus het Dinsdag voortgegaan en die polisie het traangas, skokgranate en rubberkoeëls gebruik om die betogers uiteen te probeer jaag.

Motors is nie op die kampus toegelaat nie en deur veiligheidsbeamptes voorgekeer. Een betoger, wat ʼn asblikdeksel as skild gebruik het, het geskree: “Sê vir die visekanselier om die kampus te sluit of ons sal dit self doen.”

Die betogers het ook vir joernaliste gesê om pad te gee terwyl klippe en bottels na die polisiebeamptes gegooi is.

Twee Njalas het later by die Oval-koshuis opgedaag en lede van die nasionale intervensie-eenheid het die koshuise binnegestorm en die betogers in hegtenis geneem.

Volgens Seshoka het die polisie ook twee bottels vol petrol in die koshuise gevind. Volgens Seshoka was daar geen berigte van onrus op die universiteit se ander kampusse nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jakobus ·

As ek dinge so bekyk, dan word mens vandag as ‘n held beskou as jy ‘n universiteit student is, betoog, en ‘n gat in jou kop het, waaruit die bloed stroom, waar ‘n rubberkoeël jou getref het.

Oosie ·

7 van die 9 verdagtes was NIE studente. Dit bevestig maar net weer wat ons lankal weet. Die ergste van alles is dat van die studente by TUT en Tuks hul kamers onderverhuur aan nie-studente en DIT is waarom dinge so problematies raak. Verder is die Nasionale Biblioteek in PTA nou ook gesluit vir die bietjie meer as 1000 studente wat daarheen ‘n toevlug gevind het om te gaan sit en studeer, maar verlede week deur TUT se studente wat die stad ingevaar het “ontdek” is en daar uitgejaag is met gepaardgaande skade aan die biblioteek. Hy was Maandag weer oopgestel maar moes weer sluit na dreigemente ontvang is.

Jean ·

Dit le ek voor die deur van die Kolleges en Universiteite se TOEGANGSBEHEER, hulle laat toe dat nie-studente die kampusse vernietig onder die dekmantel van ‘studente-wees’ . Ek glo as al die nie-studente verwyder word, daar ‘n handjievol studente sal oorwees waarmee daar onderhandel en gepraat kan word, maar nee die opstokers is altyd meer, en hulle het geen belang by die universiteit nie, so hulle gee nie om as die hele plek afbrand en niemand eksamen kan skryf nie.

Presies ·

Presies wat ons as student ouers heeltyd sê, dit is nie-studente en die ander 2 is in elk geval te stupid om daar te wees, iemand met verstand sal nie sy eie eksamen stop en toekoms vernietig nie. Dan is hul ook nog reeds sponser studente soos die voorbok van Wits.

Alida ·

Julle hoor dan nou Zuma beweer die betogings is ‘n goeie ding want dit is demokrasie. Hoe laat sy raadgewers toe dat hy sulke snert kwytraak. Ek hoop die net word al nouer om hom gespan en hy gaan sit in die tronk waar hy hoort op 783 aanklagtes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.