Nege vas ná betoging by DRK se ambassade in Pta

Argieffoto: Phillip Bruwer

Argieffoto: Phillip Bruwer

Nege mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewelddadige betoging Dinsdag by die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) se ambassade in Pretoria.

Nagenoeg 250 landsburgers van die DRK het na die ambassade in Francis Baardstraat opgeruk waar hulle daarop aangedring het dat hul president, Joseph Kabila, uittree. Kabila se termyn as president het Maandag tot ʼn einde gekom, maar hy bly aan bewind hangende die uitkoms van ʼn verkiesing.

Brig. Sally de Beer, woordvoerder van die nasionale polisie, het Woensdag gesê die betogers is met twee busse na die ambassade vervoer om aan die ongemagtigde samekoms deel te neem.

“Die betoging het gewelddadig geraak en klippe is na die ambassade se gebou en polisiebeamptes gegooi,” het De Beer gesê.

“Betogers het tydens die voorval ʼn beampte van die diplomatieke polisie-eenheid ontwapen en sy vuurwapen is gesteel. Vensters en die voorhek van die ambassade is ook beskadig toe die betogers probeer het om toegang tot die perseel verkry.”

Die polisie, onder wie beamptes van die openbare orde-polisie, het die skare uitmekaar gedryf en nege mense in hegtenis geneem op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld.

Die gesteelde vuurwapen is later tydens ʼn padblokkade in Yeoville in Johannesburg opgespoor en die man in wie se besit dit was, is ook in hegtenis geneem.

Weens die betoging is die ambassade gesluit en alle ambassade-bedrywighede opgeskort. Daar is geen aanduiding wanneer die ambassade weer sal open nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

D'elia ·

Deporteer hulle!!!!! SASSA gelde, medies, behuising, etc etc kry hul mahala in Suid-Afrika dan het hul nog die cheeck om eise te stel!!!! hamba……

Topster ·

Hulle sal niks oorkom nie hulle het meer regte as blankes in die land

Theresa ·

Stuur al 250 en enige ekstras wat astrant en arrogant opgetree het, terug waar hul vandaan kom. Mapstieks! Die voorbarigheid om so te kere te gaan in ‘n land waar jy tien teen een nie eers die korrekte dokumente kan voorlê nie en in elk geval, wat se nonsense is dit!!!!!
Taakmag moes onmiddellik ‘n trok/dergelike beskikbaar gestel het en die klomp aangery het na hul oorspronklike tuiste. Ek verstom my steeds daagliks aan hierdie sort arrogansie.

KP ·

Plaas gaan betoog hulle voor Kabila se paleis in DRK, gee pad uit SA.

Irene ·

Wonder wie betaal vir busse weet nie hoekom in ons land woon nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.