Die polisie in Noordwes het nege mense in Klerksdorp in hegtenis geneem nadat taxibestuurders glo buitelanders aangeval en een van hulle doodgesteek het.
Die geweldpleging het Sondagoggend begin nadat polisiebeamptes op patrollie in die woonbuurt Pienaarsdorp op ʼn man se lyk afgekom het. Brig. Sabata Mokgwabone, Noordwes-polisiewoordvoerder, sê die slagoffer was glo ʼn taxibestuurder, maar sy naasbestaandes moet eers in kennis gestel word voor hy sy identiteit bekend kan maak.
Mokgwabone sê toe plaaslike taxibestuurders van hul kollega se moord te hore kom, het hulle hulself groepeer en opgeruk na die taxistaanplek, waar hulle toegeslaan het op buitelanders se stalletjies.
In die daaropvolgende geweldpleging gistermiddag waartydens etlike stalletjies uit weerwraak aan die brand gesteek is, is ʼn buitelander met ʼn mes gesteek. Hy is na ʼn plaaslike hospitaal gebring, maar by sy aankoms dood verklaar.
Die polisie se plaaslike eenheid vir openbare orde is ontbied. Mokgwabone sê beamptes het die situasie onder beheer gebring en nege mense op aanklagte van moord en openbare geweld in hegtenis geneem. Al nege verskyn Dinsdag in die plaaslike hof.
Mokgwabone sê geen verdere gevalle van geweldpleging is sedertdien aangemeld nie. Niemand is nog in verband met die moord van die taxibestuurder in hegtenis geneem nie. Die ondersoek na albei moorde duur voort.
Hoekom die stalletjie mense aanval? Onverstaanbaar.
Vreemd dat hierdie aanvalle op buitelanders, wat meestal nie wit is nie, almal uitgevoer word deur swart Suid-Afrikaners. Rassisme is dan net ‘n wit eienskap wat glad nie in swart mense voorkom nie…
So pas in die dorp gekom en op radio gehoor daar is geweer skote gevuur en gebou brand
Ek is van Kld en is op die Zello kanaal. Tans is daar baie geweld aan die gang.
Pienaarsdorp in klerksdorp was aan die brand ook verkeie plekke in die dorp. Daar is ook geweerskote afgevuur in Pienaarsdorp as ook Dwakinsville.
Vreemd dat die Chinese winkels nooi aangeval word nie. Hul is seker vrekbang vir China.
Daar is steeds geweld soos op hierdie oomblik 14;28. Die SAPS, PLAASLIKE MEDIA EN DIE GPFs weier om detail uit te gee tov die situasie. Hierdie berig handel oor gister se voorval. Vandag baie erge en selfs wonings is in Pienaarsdorp aan die brand gesteek en kerppunt ammo het gevlieg.