Nege vas ná Steynsrus-geweld

Een van die uitgebrande vragmotors. (Foto: Verskaf)

Die polisie het meer as drie weke nadat drie vragmotors in Steynsrus in die Vrystaat aan die brand gesteek en van die vrag geplunder is, nege verdagtes in hegtenis geneem.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn deeglike ondersoek het tot die arrestasies gelei en dat die verdagtes Maandag in die Lindley-landdroshof sal verskyn op aanklag van openbare geweld, kwaadwillige saakbeskadiging en brandstigting.

Die drie vragmotors is die aand van 11 April op die R76 tussen Steynsrus en Kroonstad tydens ʼn onwettige betoging aan die brand gesteek.

ʼn Groep betogers het die vragmotors omstreeks 21:00 voorgekeer waarna die voertuie aan die brand gesteek is. Een van die bestuurders van die vragmotors is in die voorval beseer.

Die vragmotors het bevrore hoender ten tyde van die betoging vervoer en van die vrag is geplunder. Dié voorval het gevolg kort nadat die poskantoor en munisipale motors in Kroonstad aan die brand gesteek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trol ·

Wie het hulle opdrag gegee om te staal en die voertuie aan die brand te steek. Wie voorsien hulle van bande pm te brand en sodoende die pad ye beskadig?

Sarel ·

Ok wat nou verder. R20.00 Borg en saak word telkens uitgestel

Essie ·

Die verdagtes gni genoeg geld hê om daai lorrie te betaal nie

Emma ·

Werk die mense nooit gee vir die skuldiges werk en dat hul nooit teabreak vat nie dat hul voel hoe is dit om die goed wat jy besit met hardewerk bekom word

Pieter du plessis ·

Hoe stop betogende kriminele n 30 ton trok ?Ek verstaan ook nie die ondersoek gedeelte nie die polisie het nie mense wat kan ondersoek nie ,hierdie klink na fobnuus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.