Nege vas oor bedrog met PE-vervoerdiens

(Argieffoto: Google Earth)

Altesaam nege verdagtes verskyn na verwagting Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery van meer as R56 miljoen.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagtes is vroeër gewaarsku om hulle aan die polisie oor te gee.

Die groep sluit in twee voormalige amptenare van die Nelson Mandela-metroraad, twee invloedryke ampsdraers en vyf sakemense, asook ses ondernemings. Die tiende verdagte na wie die Valke op soek was, is onlangs dood, het Nkwalase gesê.

Die metroraad is een van dié wat in 2010 gekies is vir die inwerkingstelling van ʼn snelbusdiens en ʼn geïntegreerde openbare vervoerstelsel wat deur die nasionale tesourie gefinansier sou word. In dieselfde jaar is ʼn stelsel van stapel gestuur om kontrakbestuur en administrasie (ICMAS) te doen.

Die diensverskaffers vir die twee projekte is glo op onreëlmatige wyse aangewys en hul koste na bewering beduidend opgeblaas.

Die saak is in September 2018 vir ondersoek na die Valke verwys ná ʼn ouditverslag van die nasionale tesourie.

Nkwalase sê die verdagtes het glo as sindikaat saamgewerk met die doel om die voorgeskrewe verkrygingsprosesse te omseil en spesifieke konsultante of verskaffers te bevoordeel.

Die ampsbekleërs wat daarby betrokke was, het glo met munisipale amptenare saamgewerk en die besluitnemingsproses oor die aanstelling van sekere mense in belangrike munisipale poste beheer.

“Dit is glo gedoen om werwingsprosesse, asook die aanstelling van ondernemings wat bereid was om die belange van die sindikaat te bevorder, te beïnvloed,” het Nkwalase gesê.

Hulle wou glo verseker dat ʼn bestendige stroom onregmatige betalings van die munisipaliteit aan sekere lede van die sindikaat gedoen word, wat dit dan weer met die res van die verdagtes sou deel.

Nkwalase sê die moontlike verlies weens die bedrogspul kan R200 miljoen beloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dup ·

Ek het nooit geweet daar is soveel korruptes en skelm mense in SA nie.Is daar nog ñ eerlike en hardwerkende persoon in die regering en plaaslike owerhede? Dit is net steel en nogmaals steel.

JM ·

Is só gewalg, sal liewer nie neerskryf wat ek dink nie. Dat hierdie land nog nie uitgedelg is nie, is net genade van Bo. Dit raak net by die dag erger! ‘n Mens het nie meer woorde nie.

Jurie ·

DA Kommunikasie:”DA welcomes arrests relating to Nelson Mandela Bay IPTS corruption and fraud – by Cllr Nqaba Bhanga – DA Eastern Cape Provincial Leader and NMB Mayoral Candidate

The Democratic Alliance (DA) in the Eastern Cape welcomes the arrest by the Hawks of nine people, including prominent politicians, implicated in alleged corruption and fraud within the Nelson Mandela Bay’s Integrated Public Transport System (IPTS).

The arrests of Chippa Ngcolomba, Zandisile Qupe, Mhleli Tshamase, Nadia Gerwel, Dawid le Roux, Fareed Fakir, Andrea Wessels and Rukaard Abrahams, vindicates the hard work that was done by the DA and its coalition partners, during our term in government, to stamp out corruption and fraud within this ill-fated transport project.

The late former mayor, Mongameli Bobani, was also one of the accused.

The DA, under the leadership of former Mayor Athol Trollip, laid criminal charges against those allegedly implicated”

Blomme ·

So hartseer siende die Ooskaap een vd provinsies is wat ekonomies die swaarste trek. Sluit die skelms toe en gooi die sleutlels weg.

Cecilia ·

As ou Cyril klaar al d korrupte lede uitgegooi het gaan hy n hele nuwe staatdiens personeel korps moet aanstel. Hopelik dan sorg hy dat mense met integriteit aangestel word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.