Nege vas oor grondbesetting

Argieffoto

Argieffoto

Nege mense is Saterdag in hegtenis geneem nadat ʼn groep van sowat 2 500 mense in Zamdela, by Sasolburg in die Vrystaat, grond onwettig wou beset.

Kapt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het gesê verteenwoordigers van die Metsimaholo-munisipaliteit is na die toneel ontbied om die groep toe te spreek en in te lig hul optrede is onwettig.

Talle mense het egter bloot voortgegaan om onwettige strukture op te rig en die polisie het vyf mans en twee vroue in hegtenis geneem. Ontstoke gemeenskapslede is hierna na die Harry Gwala-gebied, waar hulle buitelanders se winkels probeer plunder het.

Volgens Hani kon die polisie daarin slaag om die situasie te ontlont en die skare uiteen te jaag. Die polisie hou egter die situasie dop.

Die verdagtes moet Maandag in die Sasolburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peter ·

Rand onskuldige mense aan, plunder, roof, moor, breek af en brand as hulle nie hul sin kry

Chris ·

Ek stem nice swam DAT onskuldigge mense most betaal omdat hulle nie hulle sin kry nie jy kan nie goet doen net omdat by dit wil he nie Dan het ek nie nodig om te sukkel om my huis te behou nie dan kan ek hom mos net vat

john samuel ·

Of dit nou iemand anders se grond, of iemand anders se besigheidtjie voorraad is – Steel sal ons Steel!!

Chris ·

Op inbraak by huise en besighede en voertuie moet da drastiesse stappe geneem word want ek voel elke mens werk vir dit wat hy her

grant ·

Die hele gedoente het darem 1 goeie gevolg: nou word n paar onwettige buitelanders darem weggejaag. Waar ek bly is 10 winkels wat aan hulle behoort en ELKEEN is met iets onwettigs besig: huisves 20 mense in die huisie agter die winkel, of verkoop onwettig drank of bedryf prostitusie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.