Nege vas oor rooftog

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Nege mense is Vrydag in Yeoville, Johannesburg, in hegtenis geneem in verband met ‘n rooftog by ‘n selfoonwinkel in Heidelberg vroeër die dag.

Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het die mans in Yeoville aangekeer en twee sakke vol selfone in hul besit gevind. “Ons het ook op sewe ongelisensieerde vuurwapens – vyf pistole en twee AK47’s – beslag gelê.”

Hy het gesê die moontlikheid word ondersoek dat die mans ook by ander selfoonwinkelrooftogte in die provinsie betrokke was. “Dit is dalk die verdagtes waarna ons gesoek het en ons stel ondersoek in of ons hulle aan ander sake kan verbind.”

Volgens Makhbubela sal die verdagtes van roof en die besit van gesteelde goedere en ongelisensieerde vuurwapens aangekla word. Hulle sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Wat sê “Gunfree SA” van die vuurwapens? Nogal skrikwekkend as in ag geneem word hoe vredeliewende burgers sukkel om ‘n “pee shooter”-lisensie te kry.
Ek hou van die plastiekriempies om die handjies in toom te hou.

Francois ·

Sjoe hulle het vinnig van Heidelberg in Yeoville gekom…dalk moet hulle sommer ‘n spoed boete ook kry?

Swanna ·

Hel mense iets is aan die gebeur. Die geregsdienaars het begin wakker word en hul werk doen. Dit is baie goeie nuus en vol punte vir hulle vinnige optrede. Dit is hoe dit eintlik hoort. Hoera!!!!!!!

jaycee ·

Lyk my die polisie het begin wakker skrik en kry dit reg om al hoe meer boewe in te trek. Ons kan net hoop die prosedures in die regstelsel wat op hierdie inhegtenisnemings volg, sal ook glad en vinnig verloop.

tina ·

Mooi so SAP…wil so graag weer respek kry vir almal en nie net vjr ‘n hier en ‘n daar ene nie.Nou moet die regstelsel ook reggeskud word sodat daar weer vertroue sal wees en dat reg en geregtigheid sal geskied.

scalla ·

Dink net hoe sal n sambok sy werk doen terwyl die rowers so le, as jy ni hoor nie moet jy voel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.