Nege vas vir ‘bedrog’ met uitreiking van rybewyse

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Nege mense is Maandag by drie rybewystoetssentrums in Noordwes in hegtenis geneem.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie, het gesê amptenare wat met rybewyse werk, administratiewe personeel en die eienaar van ʼn bestuurskool, is by die toetssentrums in Sannieshof, Delareyville en Vryburg in hegtenis geneem.

“Die inhegtenisnemings volg na vier maande se ondersoek deur die nasionale eenheid teen verkeerskorrupsie,” het Zwane gesê. Die verdagtes is in hegtenis geneem in verband met beweerde bedrog en korrupsie met die uitreiking van rybewyse.

Volgens Zwane word die verdagtes by die Sannieshof-polisiestasie aangehou en sal hulle na verwagting Woensdag in die hof verskyn. Nog inhegtenisnemings word verwag.

Zwane het gesê die inhegtenisnemings volg nadat 14 mense in Oktober verlede jaar by die Benoni-toetssentrum in hegtenis geneem is vir beweerde bedrog en korrupsie. Drie mense is in Februarie in Rustenburg in hegtenis geneem vir beweerde bedrog en korrupsie met die uitreiking van rybewyse.

Zwane het ʼn beroep op die publiek gedoen om voorvalle van omkopery, bedrog en korrupsie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

DH ·

Sal graag die verband wou hoor tussen ongeldige rywyse en motorongelukke. Korrupsie.

Stem saam ·

Ek stem saam DH dat hier ‘n bydrae tot die slagting op ons paaie.

snoefie ·

een groot rede is dat mense deesdae gaan vir n kode 10 lisensie dan met kode 8 voertuie ry. wat het geword van die “wet” dat n bestuurder geen ander voertuig as wat die rybewys spesifiseer mag bestuur nie? was seker te veel anc stemmers wat daardeur benadeel sou word. wat het ook gebeur met die wet van die last 90’s vroee 2000’s wat bepaal ALLE voertuie op nationals paaie sal (nes die Namibiërs) te alle tye ry met hulle hoofligte aan?

Dirk01 ·

Sal mr Zwane ons n kontak nr waar ons sulke informasie kan aan gee behalwe crime line?

Anoniem ·

Daar sal seker nooit in ag geneem word die kinders wat aspris met hul bestuurstoetse gedruip is nie. Dis ook korrupsie, maar hoe om dit te bewys? Op ‘n stadium het sommige bestuurskole vir daardie rede ‘n video kamera in die motor gemonteer, maar dis ook deesdae verbode.

Justice ·

Die kamera is of was `n goeie idee om bedrog en die geldmaak met bestuurderslisensie toetsings aansoeke uit te skakel – dit het seker die toetsbeampte se “menseregte” aangetas want hy kan dan aangespreek word met die harde feite op hand – daarom is dit geskraap.

MANIE ·

Ek dink daar is n definitiewe verband tussen motorongelukke en korrupsie met die uitreiking van lisensies asook padwaardigheid toetse. Ek het persoonlik n man geken wat oorlede is wat sy bestuurslisenie gekoop het. Hy wou nooit vir my se waar hy dit gekoop het.

Ig ·

Zwane praat absoluut nonsens oor aanmelding.Dit klink soos die cliche van My deur staan altyd oop.

cor ·

Gaan probeer rapporteer korupsie en sien wat met jou gebeur, want jy moet jou adres en tellefoon nr gee anders word die klagte nie afgeneem nie. Voor jy nog jou foon afgeskakel het sal daar een by jou deur wees wat kwansuis n klagte moet ondersoek net om jou te intimideer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.