Nege vas vir boendoegeweld

Argieffoto

Argieffoto

Nege mans is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle glo die reg in eie hande geneem en ʼn vermeende inbreker doodgeslaan en nog twee glo erg aangerand het.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die mans se inhegtenisnemings volg nadat daar oor die naweek by ʼn huis in KwaMashu ingebreek is.

“Sondag omstreeks 06:00 is die oorledene, Vusumuzi Sikhakhane (36) en twee van sy vriende, beskuldig dat hulle by een van die nege verdagtes se huis ingebreek en ʼn tabletrekenaar en ʼn selfoon gesteel het,” het Zwane gesê. “Die verdagtes het die drie mans in die straat aangekeer en glo erg aangerand.”

Die drie mans is ná die aanranding na ʼn hospitaal gehaas, waar Sikhakhane weens sy beserings beswyk het. Die ander twee het veelvoudige beserings opgedoen.

Die nege verdagtes is Woensdag in hegtenis geneem en aangekla van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hulle sal na verwagting Vrydag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ben ☺☺☺ ·

Ons het sulke manne in die polisie nodig – misdaad sal vinnig afneem.

Winston ·

Die ANC Polisiemag wat deur hulle ingestem is doen niks. Soos die hele amptenary. Soos munisipaliteite. As hulle nie betoog teen hulle eie regering se onvermoë nie maak hulle mense dood om die polisie se onvermoë te bewys. Waar is statistiek hieroor? Nee wat, kriminele moet gestraf word en moordenaars en verkragters moet doodstraf opgelê word. Terwyl hulle nou die reg op n regverdige verhoor het, moes die inbreker sterf vir inbraak? Wat is hieraan regverdig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.