Nege vas wat glo SAPD-skut leeg dra

Van die verdagtes. Foto: Verskaf.

Nege verdagtes is vandeesweek in hegtenis geneem nadat die polisie se skut in Ekurhuleni onder diewe deurgeloop het.

Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het gesê veiligheidsbeamptes het die Stad Ekurhuleni omstreeks 17:00 Dinsdag gekontak en aangemeld ʼn verdagte motor is opgemerk nie ver van die EMPD se skut in Reservoirweg nie.

“Die beamptes het gaan ondersoek instel en twee mans aangetref wat besig was om twee sedans in die skut leeg te dra,” het Kgasago gesê.

Kgasago het gesê vroeër Dinsdag het veiligheidspersoneel gesien vier motors in die skut se enjins was verwyder en die voorval is by die EMPD aangemeld. ʼn Saak is by die Boksburg-Noord‑polisiekantoor aanhangig gemaak.

Van die goedere wat in die verdagtes se besit aangetref is. Foto: Verskaf.

Kgasago verduidelik die twee mans binne die skut is in hegtenis geneem en hulle het twee ander verdagtes wat buite in die motor gewag het, aan die beamptes uitgewys. “Hulle het beweer dié twee is die kopers en vervoerders van die gesteelde onderdele.”

Vyf ander verdagtes is onderskeidelik in Tsakane, Katlehong en Wattville vasgetrek. Gesteelde motoronderdele, waaronder enjins, ratkaste, motorsitplekke en aanskakelaars, is in hul besit gevind.

“Die inhegtenisneming van al nege verdagtes, tussen 25 en 40 jaar oud, het tussen 17:00 Dinsdag en 02:00 Woensdag plaasgevind,” het Kgasago gesê.

Die verdagtes sal binnekort in die Boksburg-landdroshof verskyn op aanklagte van diefstal, besit van gesteelde goedere en verset teen inhegtenisneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

pieter ·

Jy kan verseker wees dat daar ook minstens n paar SAPS beamptes betrokke gaan wees. Inligting aan die diewe gegee.

Anoniem ·

Ons almal weet dat as jou kar eers by die SAPD se skut beland dat jy net die dop gaan terugkry….inside jobs daar. En ek praat uit ondervinding!

Nou ja Toe. ·

Altyd gedog die dop in die kattebak is eerste waarvoor hul gaan?

Onseker ·

SAPD se skut of die metro polisie s’n?

Dit blyk uit die berig dat dit nie die SAPD se skut is nie. SAPD se skut (SAP 13 kamp) is gewoonlik by ‘n polisiestatsie. Die metro polisie het hul eie skut wat hulle gebruik en die SAPD het geen beheer oor wat daar gebeur nie.

GM ·

Ek lag altyd so lekker as ek lees hoe vinnig dié klomp op mekaar ‘split’ as hulle gevang word. ?

Stripes ·

Ek is on-ingelig en dalk onnosel so help my reg asseblief. Hoe kan die Metro-polisie voertuie skut sonder om te verseker dat dit veilig is waar dit gestoor word? Hulle neem mos die voertuie in besit met die doel om dit te hou tot daar aan spesifieke voorwaardes voldoen word deur die eienaars? Wie pas die voertuie op terwyl dit in die skut is? Klink vir my na ‘n veilige hawe wat geskep word vir kriminele om te “shopping” te doen van wat hulle nodig het en dit dan doodeenvoudig net te “strip” en weg te dra. Ek dink Metro-polisie moet so bietjie ondersoek word en ek sal nie verbaas wees as die diewe die inligting, oor wat beskikbaar is, van Metro-lede af kry nie.

Karolis ·

Puik gedoen deur die veiligheidsbeamptes. Doen so voorts.

Sarel ·

Geen Sekuriteit by die skut nie? Het blykbaar die wereld se tyd gehad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.