Nege veiligheidswagte vas oor wapens

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in KwaZulu-Natal het Vrydag gesê nege veiligheidswagte is in die provinsie in hegtenis geneem weens oortredings van die Wet op Vuurwapens.

“Die wagte is in hegtenis geneem nadat die polisie ’n klopjag by ’n taxistaanplek in Newcastle uitgevoer het in ’n poging om taxigeweld te bekamp,” het maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisie het beslag gelê op nege vuurwapens en verskeie ammunisie. “Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit met ander misdade verbind kan word.”

Die nege wagte sal binnekort in die Newcastle-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale kommissaris, het gesê die Valke en meer polisiebeamptes sal na die gebied ontplooi word om die voortdurende moorde op taxibase te bekamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tammy ·

Dankie aan die polisie vir goeie werk in hierdie geval. Dis 9 minder wapens op straat waarmee misdaad gepleeg sou word .Hoop net die skuldiges kry die gepaste straf.

Anoniem ·

Moenie so seker wees nie. Die SAP verhuur die wapens weer uit aan misdadigers vir ‘n ekstra inkomste.

Peet Schabort ·

Die wapen op die foto lê ook met sy verkeerde kant reguit na die fotograaf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.