Polisiebeamptes in KwaZulu-Natal het Saterdagoggend omstreeks 01:50 reageer op inligting dat ʼn rooftog by ʼn onderneming in Isipingo beplan word.
“Beamptes het inligting ontvang dat die verdagtes ook van voornemens is om die kluise oop te blaas,” het kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Beamptes het die verdagtes ingewag. Toe die verdagtes die polisiebeamptes sien, het hulle op die beamptes begin skiet en die polisielede het teruggeskiet.”
Altesaam sewe verdagtes is op die toneel dood. ʼn 29-jarige man is in hegtenis geneem. “Beamptes het beslag gelê op drie gewere, ses pistole, springstof en toerusting wat vir inbrake gebruik word.”
Terwyl polisiebeamptes nog op die toneel was, het hulle geweerskote naby die toneel gehoor. “Twee verdagtes het op polisiebeamptes geskiet en die beamptes het teruggeskiet. Die twee verdagtes is op die toneel dood. Hulle het twee ongelisensieerde vuurwapens in hul besit gehad.”
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek, poging tot moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen, die besit van ammunisie, die besit van springstof en poging tot roof.
Welgedaan aan die polisie. Dit moet net elke keer gebeur.
Fantasties, SAPD!!!
Dis al manier hoe wet en orde (en vertroue in die polisie) herstel sal word.
Dit is merkwaardig dat die polisie GEreageer het. Wens dit wil meermale gebeur. Hier by ons word ‘n rooftog by ‘n kitsbank aangemeld, en dan daag die SAPD naby die bank se hoofkantoor wat outomaties geskakel word, 150 km hiervandaan, voor die plaaslike polisie (3 km.) op!
Die 150 km polisie is daar voor die 3km polisie daar is? Miskien het hulle ‘nie voertuie gehad nie’ Adri..! Ironies nè, amper lag ek daaroor maar dit is nie regtig snaaks nie. Waar is julle Adri? Miskien moet julle jul berede dienste na KZN stuur vir opleiding.
Cherokee, ons woon in Greylingstad. So ‘n bietjie wyd van Natal af, reken ek.
O ja, dit is Mpumalanga en amper Oos Rand, nè. Dankie.
dankie polisie ek spreek Ps 91 oor julle
Dankie SAPS. So sal julle vertroue herstel.
Natal-polisie is tops. Hul kry seker hul opleiding op ‘n ander plek as die ander provinsies se polisiebeamptes.
Mooi manne, nou kom ons iewers!
Tyd vir mooipraat is nou verby!
Betaal die verklikkers baie goed.
Knap gedaan polisie
Sonder fluitjieblasers sal dit feitlik onmoontlik wees om misdadigers vas te trek. As hulle ruim vergoed word, sal baie meer misdadigers uit ons samelewing verwyder word. Geluk SAP.
Hier by ons is n oop veld …natuurlik lewensgevaarlik om daar te gaan stap of fiets te ry …was as verkragtings messteke en moorde ….die polisie patroleer nou soms maar jy sien die gemerkte voertuig en die blou ligte vir kilometers aankom …..wonder hoekom vang hulle nooit iemand nie ….hoe dom kan mens nou eintkik wees !
Dit moes geklink het soos een van daai Wilde Weste skermutselings wat in rolprente uitgebeeld word. Knap gedaan aan SAP.
Dit is wonderlik dat die SAPD ‘n ernsiytge misdaad vorkom het. Moet ons jammer wees oor die lewensverlies van nege misdadigers? Dis my dilemma. Ons grondwet sê mense lewens is kosbaar. Die doodsvonnis is afgeskaf. Maar ons Minister van Polisie prys sy manne omdat hulle nege voornemende (verdagte, onverhoorde, onskuldigbevinde misdadigers) doodgeskiet het. Persone wat egter wel aand moord, roof, verkragting ens skuldig bevind is word met fluweel handskoene hanteer.
Kom ons gaan verder. Onskuldige ongebore babas mag doodgemaak word asof hulle gevaarlike, samelewingbedreigende misdadigers is, op versoek van hulle onmondige moedertjies. Dit word as verlig beskou, ‘n mensereg.
Leef ons nie in ‘n samelewing waar norme so verwring en verwater is nie dat niks meer sin maak nie?
Ek is geskok en diep teleurgesteld dat hul so wraggies een verdagte gearresteer het!
Wow!
SA kort meer sulke polisielede. Well done. Doen so voort.
As die polisie dit nou vaker doen, dan wordt die misdaadplaag verwyderd.