Nege Vrystaatse munisipaliteite se krag gesny

Een van die kennisgewings wat in Volksblad publiseer is (22 Desember 2016).

Een van die kennisgewings wat in Volksblad publiseer is (22 Desember 2016).

Eskom het Donderdag kennisgewings in Volksblad geplaas om nege Vrystaatse munisipaliteite in te lig dat hul krag van 5 Januarie af twee keer per dag weens wanbetaling onderbreek gaan word.

Die munisipaliteite skuld almal miljoene rande aan Eskom. ’n Tiende munisipaliteit, Mafube wat Vrede insluit, is in kennis gestel dat daar nie nou teen hom opgetree sal word nie.

Van die belangrikste Vrystaatse dorpe wat geraak word, sluit Kroonstad, Bethlehem en Bothaville in.

Die nege munisipaliteite wat binnekort op geskeduleerde tye sonder krag sal sit, is Nketoane (Reitz, Lindley en Petrus Steyn), Moqhaka (Kroonstad, Steynsrus en Viljoenskroon), Tokologo (Boshof en Dealesville), Nala (Bothaville en Wesselsbron), Masilonyana (Brandfort, Theunissen, Verkeerdevlei en Winburg), Mantsopa (Excelsior, Ladybrand en Tweespruit) en Dihlabeng (Bethlehem, Paul Roux en Rosendal). Ngwathe (Edenville, Heilbron, Koppies, Parys en Vredefort) en Phumelela (Warden) se krag kan moontlik ook afgesny word indien die munisipaliteite nie ‘n skikkingsooreenkoms met Eskom kan bereik nie. Die publiek het nog tyd om insae te lewer waarom Eskom nie Phumelela of Ngwathe se krag moet afsny nie.

Daar is onlangs berig dat Maluti-a-Phofung, wat Qwaqwa insluit, aan Eskom 1,2 miljard verskuldig is.

Die tye waarop die krag ontkoppel gaan word, is van Maandag tot Vrydag van 06:00 tot 08:00, en weer van 17:00 tot 19:30. Op Saterdae en Sondae is dit van 08:30 tot 11:00 en weer vanaf 15:00 tot 17:30.

Eskom het gesê hy behou die reg voor om, met 15 dae kennis, die munisipaliteite se elektrisiteitsvoorsiening in geheel en onbepaald te ontkoppel indien die situasie rakende die elektrisiteitskuld nie verbeter nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Lance ·

Ja nou sit die skoen aan die ander voet …wie se skuld is dit nou ….so betaal maar asb soos die res !

Johann ·

WAT? En wie ly direk daaronder? Die inwoners wat wel maandeliks hul munisipale rekeninge vereffen…wat my laat vra: qaar is daai geld heen? Maar dan word die konsep gekoester dat ALS verniet is! Odf dat jy maar net bakhand hoed te.staan voor die regering. SKOKKEND

Kersie ·

Ek dink tog dat Eishkom beter seermaak tye kon gekies het. Net jammer dat die getroue betalers eintlik diegene is wat hieronder gaan ly. Tog reken ek dat die dreigement ter elfder ure weer uitgestel sal word.

pieter ·

En nou sit die gereelde betalers ook sonder krag = wat maak di munisipaliteite met die geld

KFC 4 FREE ·

pieter, dit gaan seker lekker daarso, koop kfc vir al hul kamerade en pelle….laat my nogals terug dink aan n sekere Noordkaapse burgemeester wat paar miljoen op kfc spandeeer het vir die tydelike skoonmakers na n vergadering of iets….

trevor ·

burgermester koop nuwe motor vir hul self en familie en vriende wat daar werk ook nuwe motor wat deur munisipaliteite deur mense wat krag betaal

Meisie ·

Weer anc provinsie.Dit is omdat daar nie van al die munisipaliteite oudits verslaae gedoen word nie.

Desmond ·

So ons wat getrou ons rek betaal moet nou ook boet? Wat van my basiese elekt bedrag dan wat maandeliks gehef word omdat ek gekoppel is? So aangesien ek nou daagliks 22% gesny word moet daardie basiese bedrag mos dan verminder word! Ek kan mos nie vir n diens betaal wat ek nie kry nie ?

Martie ·

Sê ek ook. Laat ‘n dorp se sakemanne die bestuurwerk doen.

Gys ·

Sonkrag en generators en son geysers mense. Gas stowe en gas yskaste. dit is wat ek gedoen het. Sny julle af van eskom af.

Johann Marx ·

SLUIT AAN BY DIE NASIONALE BELASTINBETALERS UNIE. Mnr Jaap Kelder is al vir jare besig met hierdie munisipaliteite en hulle agterbakse onvermoë. Elke dorp wat aangesluit het, het die volle ondersteuning van die NBU….en hulle roer daai makkers!!

Belinda ·

Dit is sleg want dit is die tye wat jy regmaak vir werk en kinders vir skool en dan weer wanneer jy vir jou gesin moet kos maak. Baie mense het meters in hul huise so ons skuld niks maar omdat die munisipaliteit nie sy skuld betaal aan Evkom nie moet almal daaronder lei. Dalk moet hulle die groot salarisse wat die munisipaliteitwerkers verdien met die helfte sny en dit oorbetaal aan Evkom. Sien hoe vinnig raak hulle op datum!

student ·

Miskien bly dit net by dreig. Maar dit is jammer dat mense wat hulle elektrisiteit wel betaal nou ook gestraf gaan word.

Henk ·

Nou word ek genoodsaak om aan die orgnisasies wat hulself daarop roem dat hulle veg vir die mense, kom ons noem hulle by die name- DA, Solidariteit en Afriforum, die volgende vraag of twee vra.
Inwoners van die dorpe betaal hulle rekeninge. So nie word hulle water en krag toevoer afgesny..
Dus, die munisipaliteite reik rekeninge uit aan inwoners vir elektrisiteit en water verskaf. Hulle gee tekenne dat hulle hul water en Eskom rekeninge vereffen met die geld, want dit is waarvoor dit ingesamel word.
Hulle gee ook in hulle jaarverslae en raadsvergaderings te kenne dat die rekeninge vereffen word by Eskom onder andere. Dit terwyl dit nie gedoen word nie.
En dan sit Eskom die mense se krag af.
AL die elementevan bedrog soos vereis in die definisie van bedrog soos vervat in Snyman en ander regshandleidings, is aanwesig en kan bewys word.
Nou my vraag, wanneer word strafregtelike klagtes van bedrog teen die korrupte munisipaliteite ingedien?
Of is dit maar ‘n geval van “laat Godswater oor Gods aarde loop…”?
Aan die inwoners van hierdie dorpe, waarom gaan julle nie sommer self en le strafregtelike klagtes van bedrog teen julle munisipaliteite nie?
Dis AL wanneer hierdie korrupsie gaan staak, en dis wanneer die korrupte staatsamptenare en raadslede in ‘n polisiesel sit!

Len ·

Stem saam Henk! Ek woon in ‘n wanbetalende NK munisipaliteit (Renosterberg) bestaande uit 3 dorpe waarvan net een se 80%+ inwoners gereeld betaal vir dienste. Ons krag word vanaf 17 Januarie onderbreek agv agterstallige betalings deur die munispaliteit. Die belastingbetalervereniging (lid van die NBU) het die opbetaalde inwoners aangeraai om elkeen die munisipaliteit (by name die uitvoerende burgemeester, munispale – en finansiele bestuurder) in kennis te stel dat alle kostes wat aangegaan moet word om gevolgskade te beperk (huur van generators, brandstof, ens. sowel as werklike gevolgskade) vir die rekening van die 3 individue sal wees en dat eise teen hulle ingestel gaan word. Eskom is ook versoek om dmv ‘n voorafbetaalmeter stelsel krag direk aan die gebruikers te verskaf en sy verbintenis (agentskap) met die munsipaliteit summier te be-eindig omdat nog die verskaffer, nog die gebruiker enigsins daarby baat! Het nog niks van ESKOM hieroor verneem nie.

Simon ·

Na my beskeie menings behoort hier klasaksies van diefstal/bedrog teen munisipaliteit AMPTENARE ingestel te word.
Daarna behoort n mosie van want roe aan hanging gemaak te word,

callie ·

Dit lyk nie of suid afrikaners besef hoe ernstig is die nie. Ek het pre paid, dus moet ek betaal in n dorp waar dit ook so gaan. Hoekom verder enge iets betaal. Laat almal nou saamstaan dat ons die regering nou kan sink en klaarkry. Dit raak n nagmerrie om in die land te bly. Ek smeek Suid Afrikaners, die oomblik as die krag so gesny word stop alle betalings aan munsipaliteite en maak seker hulle moet hul deure sluit. Dan kan die inwoners n raad stig wat onderhandel en seker maak geld word oorbetaal.

Bruno Stef ·

You are barking up the wrong tree.Solidariteit & Afriforum is burgerreg organisasies en nie op enige Munisipaliteit verteenwoordig nie.Bel jou Stadsraadslid vir die party waarvoor jy in die laaste verkiesing gestem het en dring aan op antwoorde.

tom ·

Dis tyd dat zoooooooompie gedagvaar word hys mos die hoof van die anc

william ·

Hierdie dinge maak my SIEK!.. Die inwoners van Harrismith betaal hulle water en ligte en Rates rekeninge. Die geld word dan summier geskuif QWA QWA toe waar dit verkwansel word . Niks word in HS gespandeer nie en die Eskom rekening word net erger.
Gaan QWA QWA afgesny word-glo nie-selfde as Soweto. Maar die BETALERS gaan afgesny word!.. Dit kom daarvan as jy al die buiteliggende nie-blank gebiede in n’ KLEIN boere dorpie inlyf.
Dit is presies hoekom ons n’ ANC stadraad het-hulle BLY in QWA QWA, so hulle veer hulle neste daar. Sommer Naar!. Nie een van daardie dorpies se besighede kan die onderbrekings bekostig nie.

Johan II ·

Hou op betaal. Ek sien uit daarna om te sien wat die ANC se kiesers gaan maak as die liggies ophou werk, ek hoop hul is minder lojaal as wat hul in die verkiesings voorkom.

rosynebos ·

Wil graag weet waaneer sny eskom kai garib (noord kaap) se krag? Ek’s ‘n prepaid gebruiker en beplan definitief stappe as ek geraak of benadeel sal word. Laastens wil ek se dit is nie net die krag wat sal af wees nie maar sowel as water Wat deur groot elektriese motors gepomp wOrd.

CAV ·

Ek as hulle Soweto se krag gaan afsit ( onwettige krag ), dan gaan die vonke ( letterlik ( spat

Nita van der Merwe ·

Wat word van al die geld wat ons maandeliks aan Moqhaka betaal. Nou omdat hulle nie Eskom betaal het nie nou moet ons daaronder ly?

P J Fourie ·

Nama Khoi Munisipaliteit in die Noord Kaap het ook soortgelyke kennisgewing ontvang.

Koos1 ·

Dit is nou die presiese gevolge van ‘n monopolie. Tyd dat iemand die besluit neem dat Eskom alle rekeninge oorvat en dan betaal ons direk aan die diens verskaffer. Sny die middelman, saam met sy geldelike gedeelte uit.

Jan maak n Plan ·

Dis hoog tyd dat Eskom die krag netwerk oorneem in die dorpe waar hy nie sy geld kry nie, maar hulle is mos almal maatjies so dit sal seker nooit gebeur nie.

Gillie ·

lankal gese die geld waarmee ons ons prepaid krag koop moet of direk aan Eskom betaal word of in ‘n aparte rekening waar die munisipaliteite glad nie kan aanraak nie.

Cherokee ·

En die nie-betalende enkelinge, word hulle ook op beurtkrag geplaas?

elmien ·

Ek voel hulle moet koopkrag in sit. Maar hulle wil nie want dan gaan hulle nie meer geld kry nie. Maar hulle gee ook nie om as ander mense sukkel nie so Eskom sit vir ons koopkrag in!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

elmien ·

Dit is nie reg dat Eskom dit doen nie want in die dorp kry ons krag vanaf die munisipaliteit terwyl die ander gedeelte koopkrag het, so hulle gaan dit nie voel nie. Eskom kom nou sit koopkrag in julle straf die verkeerde mense.

Johann ·

Dit is omtrent die hele Vrystaat, sny die munisipaliteite uit sodat inwoners direk by eskom krag kan aankoop, so maklik soos val uit ‘n boom uit. Inwoners se rekeninge kan tog sekerlik bepaal of hulle krag op datum betaal is, sondebokke uit en getroues in

Tammy ·

Wat se die slim mense? Kan alle munisipaliteite nie maar geprivatiseer word nie. Dan hoef daar nie n burgermeester te wees wat met n vet salaris betaal word en nog n kar ook kry nie. Die direkteur van n besigheid werk altyd die hardste en eis nie n kar elke jaar vir hom en sy trawante nie. Hy werk kliphard tot voordeel van sy besigheid. As n munisipaliteit dan geprivatiseer is hoef daar ook nie luiaards te werk nie, dan sal jy werk vir jou salaris en en as jy nie wil werk nie , kan jy nie deel van die personeel wees nie.. Klink vir my reg!

Tammy ·

Dis goed en wel om krag direk te kan koop maar wat van ander belangrike dienste wat ook verlore gegaaan het? Riool, watervoorsienning, die dorpe se paaie om maar net n paar te noem.

REAList ·

Wanneer sal julle mense leer dat jy net iets in die land regkry deur betogings en geweldadige optogte.
Julle moet met massa optogte die burgermeesters en hulle onderdane verwyder uit hulle kantore terwyl hulle motors gebrand word. Hulle moet in vrees lewe.
In Witbank het ons skuld aan Eskom met 300% gestyg in een jaar.
Btw. watter wet bepaal dat een staatsorganisasie geld mag invorder van ‘n ander een om ‘n wins te kan verklaar?

Ann ·

Hoekom kan ons nie eskom direk betaal nie en die munisipaliteite heeltemal uitsny involge krag verskaffing nie?

Johan II ·

Ann, want dan het jy ook nie water nie…en kan jou “burgemeester” nie R1.2M+ verdien nie. En julle vergeet ook dat n Boer R1800+- betaal voordat hy n kWh gebruik het hoekom(?) omdat hy direk by eskom koop, en omdat eskom amptenare ook graag nuwe karre wil ry….julle gaan die probleem net skuif, van n korrupte munisipaliteit na n hoogs korrupte Eskom.

jaco ·

Onthou net ALLE raadslede, OOK dié van die DA en VF-Plus, kry meer as R400 000 per jaar PLUS lekker karre PLUS onthaaltoelaes. As hierdie reusagtige vergoedings net met 33% gesny kan word, sal dit klaar beter met hierdie munisipaliteite gaan. Waarom MOET hulle so verskriklik baie kry? Brood en melk en petrol kos tog dieselfde vir hulle as vir hulle kiesers.

Wynand ·

Sorg dat julle van die grid afkom bietjie biejie koop en binne n’ jaar is jy daar. Die land onder ANC gaan nog brand. as jy jou eie krag en water het gaan dit baie help

nerts ·

wat van munisipaliteite waar mense eie krag koop? het spar en garages en banke dan niedue geld aan eskom oorbetaal of vooruit gekoop nie

Mr P ·

As jy iehskom direk betaal dan gaan di geld Guptas toe. Moenni betaal ni.

marius ·

Ons bly hier in die Noordwes provinsie – Delareyville. Ons het nou geen water al vir 2 maande nie. Elektrisiteit van ons dorp word alreeds periodiek onderbreek. Ons lewe nou in die laaste dae soos in die Woord van ons Hemelse Vader. Dinge gaan net erger word as jy Openbaring lees. Boosheid en ongeregtigheid gaan toeneem. Reg gaan as verkeerd gesien word en boosheid gaan as reg gesien word. Al hoop is JESUS CHRISTUS. Hy vir ons gesê die lewe op hierdie planeet gaan van baie korte duur wees. Nader dus asseblief na Hom en Hy sal na jou nader. Plaas al jou energie en fokus om Hom beter te leer ken.

Letitia ·

Iemand praat van betaal vir diens wat jy nie ontvang nie. Ek besit lee erwe in Fouriesburg (deel van Dihlabeng) en betaal reeds geruime tyd heffing vir water en elektrisiteit op die erwe al is daar geen aansluitings nie. Die munisipaliteit se ek moet die heffing betaal want daar is die moontlikheid van krag en waterverbruik….???

Natasja ·

Die koerante moet berig oor die foutiewe rekeninge. By verskeie geleenthede het ons al n despuut op ons sogenaamde 15 rekeninge ingedien by die munsipaliteit. Kom jy by die munisipale kantore om navraag te doen dan is hulle van lyn af, met n geleentheid het hulle al gese hulle databasis is weg. Verkeerde bedrae word selfs teen rekeninge geallokeer. Waardasie bedrae is verkeerd. Ons het al gevra of ons Eskom meters kan kry maar die munisipaliteit weier .

Gatvol is nie die woord nie.

Ek persoonlik dinkbdit is onregverdig om ons eiendomme

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.