Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het naby die Ilfracombe-afrit plaasgevind. Volgens ooggetuies het die meisie en ʼn maatjie langs die snelweg gestaan.
Die negejarige meisie het toe glo voor ʼn aankomende motor ingehardloop. Volgens Botha was die meisie reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel.
Die voorval word ondersoek.
Goddank na bykans 55jaar (30Junie) was ek nog nooit in ‘n ongeluk.
Dit is seker die mees traumatiese om ‘n kind raak- of dood te ry. Dit was/is my grootste vrees want ‘n kind is onvoorspelbaar.
“A child is as wide as the road”. Onthou dit.
Waar is die dae toe dit onwettig was om langs ‘n snelweg te staan of te loop of te ryloop? Nou speel kinders daar!
Jy is reg Pietertjie en waar is die ouers ?