Negejarige gaan soek hulp vir ma, sussie

Foto verskaf deur ER24

ʼn Beseerde negejarige seun het Sondagoggend hulp gaan soek ná hy saam met sy ma en agtjarige sussie in ʼn ongeluk was op die Viljoenskroonpad, suid van Potchefstroom.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou en haar dogter is kritiek beseer toe die motor gerol het. Die seun het geringe beserings opgedoen en het in die pad begin afstap om hulp te soek. “Verbygangers het hom opgemerk en paramedici ontbied,” het Campbell verduidelik.

Paramedici het omstreeks 01:30 by die toneel opgedaag. Die ma en die seun se sussie is uit die voertuig geslinger toe dit gerol het. Hulle het veelvoudige beserings opgedoen. “Al drie is na die Mediclinic Potchefstroom geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Snowball ·

Brawe, manmoedige klein seuntjie, ek hoop jou familie herstel almal gou.?

wet ·

dink daar moet duidelike pad tekens opgerig word om die bestuurders in te lig van die toestand van die pad.

Chantelle ·

Het self die laaste 2 weke daai pad gery, en dis n doods pad.

Elizabeth ·

Daardie pad is vol oopgroefmyne, ‘n selfmoordpad. Pragtige ou seuntjie wat sy sussie beskerm. Hartverskeurende, goeie nuus. Mag julle almal vinnig herstel en die trauma oorkom! Wens ek kon jou ‘n allemintige drukkie gee!!!

Diefie ·

Mag julle gou gesond word. Seun, jy is ons held en ons is trots op jou. Jy sal ‘n mooi en goeie lewe voorentoe hê.

nico k ·

Ek dink nie ons kan onsself indink hoe die kind moes voel nie.

Mads ·

Jy is n dapper ou seuntjie. Wens hierdie tannie kon jou n stywe drukkie gee. Kan net dink hoe bang die arme kind moes wees. Sterkte dink aan julle. xxxx

toy ·

Die pad moet eenvoudig reggemaak word. Wat gaan padtekens help. Daar moet minder geld gemors word op ander twak en maak die paaie reg. Hulle moet ‘n eis instel. Moeg vir die toestand van die land. Dit is eenvoudig SWAK!

Jenny ·

Wat n dapper mannetjie. Ek bid dat sy mamma en sussie sal gesond word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.