Ao. Simon Mafokazana, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie en haar ma bly glo alleen in die woonstel in Helena Lochnerstraat.
Volgens Mafokazana beweer die ma dat sy haar dogter vir die laaste keer lewend gesien het toe sy Donderdagaand vir haar ʼn storie gelees en haar in die bed gesit het. “Die ma het aan die polisie gesê dat sy vanoggend [Vrydag] wakker geskrik het met ʼn tou om haar nek,” het Mafokazana gesê.
“Sy het gesê sy het dadelik na haar dogter se kamer gehardloop waar sy haar dood op haar bed aangetref het. Die dogter het ook ʼn tou om haar nek gehad en is vermoedelik verwurg.”
Mafokazana het gesê daar was geen tekens van gedwonge toegang tot die woonstel nie en niks word uit die woonstel vermis nie. Die ma het ook glo merke aan haar nek gehad wat vermoedelik deur ʼn tou veroorsaak is. ʼn Nadoodse ondersoek van die dogter se liggaam sal gedoen word.
“In hierdie stadium is niemand nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek gaan voort,” het Mafokazana gesê. Hy wou nie dadelik die naam van die ma of die dogter bekendmaak nie.
Wie pleeg so ‘n moord. Ek kan nie dink ‘n ma kan so iets doen nie. En as die person van buite gekom het is dit iemand baie bekend aan hul.
Iets klink glad nie reg nie
Bly ‘n hartseer storie omdat nog ‘n jong kind se lewe kortgeknip is, maak nie saak onder watter omstandighede nie.
Iets ruim nie met die storie nie?
Maroela sluit sommer NOU al die kommentare asb want die internet trolle kan hulself net nie inhou. Ek dink by die tipe berig moet geen kommnetaar toegelaat word nie en klaar. Watter doel dien dit in elk geval?
Ons het sopas verneem dat een van ons se familie se 9jarige dogter dood is (vermoor) in Vanderbiljipark. Ons weet nie die omstandigehede nie, ons probeer nog familie kontak vir meer inligting. Dan moet mens die berig lees en dink kan dit dalksy weesen dan al die vreeslike comments. Kom ons wag dat meer inligting beskikbaar is voor ons aantuiging maak. Want ons weet nie wsts die storie nie. En sê nou dit is dalk ons familie lid is dit nie lekker om almal se aanmerkings te lees nie. Ory feite reg voor jy komentaar lewer oor ietdvwat jy niks weet.
So many couch detectives so little facts
E.K. mag ek jou raad gee, lees net die nuusberig en nie die kommentare nie.
Iedereen het reg op n eie mening en iedereen reageer verskillend op nuusberigte, onthou jy hoef dit nie te lees nie,