Negejarige sterf: Ma in hegtenis geneem

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Negejarige meisie wat Vrydagoggend dood aangetref is in ʼn woonstelblok in Vanderbijlpark, se ma is in hegtenis geneem.

Ao. Simon Mafokazana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die ma is in hegtenis geneem in verband met dagga wat in die woonstel, geleë in Helena Lochnerstraat, opgespoor is.

Mafokazana wou nie die name van die meisie of haar ma aan Maroela Media bevestig nie en het versoek dat die name weerhou word.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie.

Die ma beweer sy het haar dogter vir die laaste keer lewend gesien het toe sy Donderdagaand vir haar ʼn storie gelees en in die bed gesit het. Die ma het aan die polisie gesê sy het Vrydagoggend wakker geskrik met ʼn tou om haar nek. “Sy het gesê sy het dadelik na haar dogter se kamer gehardloop waar sy haar dood op haar bed aangetref het. Die dogter het ook ʼn tou om haar nek gehad en is vermoedelik verwurg,” het Mafokazana gesê.

Mafokazana het gesê daar was geen tekens van gedwonge toegang tot die woonstel nie en niks word uit die woonstel vermis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Poplap ·

Niemand is in hegtenis geneem nie maar die ma is in hegtenis geneem?

Yvonne ·

Ag Lees asb die berig reg: die ma is in hegtenis geneem vir dagga en niemand is nog vir die moord in hegtenis geneem nie.

kallie ·

Niemand is in hegtenis op die moord nie… die ma is in hegtenis oor die dagga

miemie ·

die dogtertjie se naam is orals al bekend n plaaslike koerant in die dorp waar dit gebeur het se een joernalis het n roerende huldeblyk gelaai wat al orals te sien is met die dogtertjie se gesiggie wat daarin wys sy was so n pragtige kindjie

E.K. ·

Maroela ASB weereens, moenie kommentare toelaat by die tipe van berigte nie. Dankie dat julle by die eerste berig dit gelsuit het maar werklik, mense dink nie dat daar is oumas en oupas, ander familie en naastbestaandes en vriende wan hierdie gesin is nie- hulle het almal pyn oor wat hier gebeur het en probeer sin maak daaruit en dan moet mens die spekulasie en dinge vanwildvreemde mense lees. Nee wat, kommentaar is glad nie nodig nie – mens kan dink wat jy wil maar nie sê wat jy wil nie. Ter wille ook van die kind se nagedagtenis, laat dit asb weg. Terloops ek is geensins familie of vriendin van hierdie mense maar ek dink ent altyd hoe moet hulle voel.

Gesiggie ·

Ek het geweet dat iets hier nie pluis is: ( verwys na vorrige berig) als het vir my net n bietjie weird geklink.. en vermoed dat die ma iets te doen het met wat gebeur het? dagga is gagga.. en kan n mens snaakse goed laat doen… Ok ja verstaan vir nou is die Ma net agv dagga in hegtenis geneem? maar wie het dan die tou, eers om haar die( Ma ) se nek gesit? en toe aan die dogter se nek… en haar die dogter toe vermoor”’en weer daar was geen gedwonge toegang tot die woonstel… wie was dan binne behalwe die Ma en dogter.. ? nogaal vreemd ? sal graag die opvolg wil lees.

charlene ·

Hoe tragies! Ek hoop regtig die ma is nie skuldig aan die gru-daad nie. Ons alaml sal graag die waarheid wil weet, nie omdat ons nuuskierig is nie maar omdat `n onskuldige kind se lewe geneem is dit maak ons boos, eintlik verby dit! Dis so onnodig dat `n klein weerlose 9 jarige so moes omkom, sy het seker wakker geword en daai vrees in die klein oggies. Dis net een te veel vir enige normale mens. Ek bid die ma is nie verantwoordelik vir haar dogter se dood nie. Maar hopenlik los sy nou die dagga, dit maak van jou `n ander mense `n vieslike walglike mens. En dis nie maklik om daar uit te kom nie. Mense wat uit die drugs se kloue kom is ongelooflike sterk mense. Sterkte aan die hele familie, en aai as daar oupas en oumas is mag die Here julle dra want julle verdien nie die pyn nie, En maikies… soveel hartseer.

nig ·

Kyk nou weer hoe sensasiebelus sekeres hier is – kan nie wag vir opvolgberigte nie. Ai gelukkig het party van ons ander dinge om ons besig te hou. En voor die ewiglike simpel “moet dit dan nie lees nie” hierop geantwoord word – ek wou graag aan julle sê hoe ek voel oor sulke goed, daarom my kommnetaar!

Rodney van Rensburg ·

Daai ma en die Buurman is betrokke. Hulle kry die handsak buite met haar selfoon nog binne. Iets klink nie lekker nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.