Negejarige verdrink dag ná gesin verhuis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Negejarige het Sondagoggend in Pretoria verdrink nadat die gesin gister na ʼn nuwe kompleks verhuis het.

“Paramedici is na die toneel in Bourkestraat in Sunnyside ontbied waar ʼn kind verdrink het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die gesin het gister na die kompleks verhuis. Die negejarige seun het deur die kompleks gaan stap en nie weer teruggekeer nie. Die ouers kon nie die kind vind nie en het hom as vermis aangemeld.”

Een van die persone wat in die kompleks woon, het vanoggend alarm gemaak toe hulle ʼn kind op die bodem van die swembad opgemerk het. “Paramedici, die polisie en die brandweer is na die toneel ontbied. Brandbestryders het in die swembad gespring en die kind uitgehaal. Paramedici van Netcare 911 het die kind op die toneel dood verklaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Beatrix ·

Nou vra ek weereens: WAAROM is daar nie n’ VEILIGHEIDSNET oor die swembad nie??????????

Eva ·

Komplekse het meestal nie nette nie, maar heinings en borde wat aanwys kinders onder 12 mag nie sonder toesig die perseel betree nie. Dit bly tragies

ekke ·

Want dit is somer en die swembad is oop vir almal wat in die kompleks woon. Daar sou tien teen een n heining wees en ook veiligheidsreels. Dis n verskriklike ding wat gebeur het. Medelye met die gesin hoop nie hier gaan nou weer n klomp beskuldigings gepos word nie.

Cinda ·

Kind as vermis aangemeld maar niemand het gedink om by die swembad te gaan soek nie?

Karma ·

En die kind het weggeraak – soos dit uit die beriggewing blyk – die vorige dag en is eers die volgende oggend in die swemBAD (Maroela, kyk na jul taalgebruik!) ontdek?

Landi Slatter ·

Dagsê Karma

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Pieter ·

Ouers raak paniekerig oor kinders wat weg raak en dink nie logies nie. Die huisgesin het nuut daar ingetrek en ken nie die omgewing nie. Dit is n verskriklike ding om n kind te verloor. Ouers kom nooit daaroor en die gemis bly lewenslank by jou. Ons sal die ouers opdrae in gebede en hoop hulle sal vertroosting vind.

Lena Jonk ·

Baie groot hartseer vir julle ons bid vir julle gesin, om n kind aan die dood af te staan is die heel moeilikste ervaring wat n ouer tref, jy vergeet NOOIT hou kind nie, al my familie afgegee maar jou kind, baie erg. Mag Jesus julle styf vashou en vertroos.

Tanya ·

Ek dink nogsteeds dat die Staat nie genoeg doen om kinders te beskerm in hierdie opsigte nie. Waarom nie swembaddens bou waar die Staat die kinders leer om te swem nie. Sommer van ‘n baie vroee ouderdom af. Daar sal soveel minder kinders verdrink. RIV klein engeltjie. Sterkte aan die familie.

kreef ·

djnm jy regtig dif gaan vir alle kinderz oop weez? dis hoe dit gaan werk: swembad in mamelodi vir pta kinderz. in soweto vir jhb kinders en in en in khayalitha vir kaapstad kinders.

Theuns ·

Ek kon my seun betyds red uit swembad uit toe hy 4 jaar oud was,en ewig dankbaar teenoor die Here se beskerming vir dit,ek hul elke keer as ek so n hartseer verhaal moet lees,dit is iets vreeslik om te beleef.Ek bid vir die gesin gedurende die hartseer tyd,en dink aan julle.

Jen ·

Iemand wat saam my werk bly in daai kompleks. Volgens haar is daar omheining om die swembad en hy word in die aand deur sekuriteit gesluit. Volgens haar is hy veronderstel om seker te maak dat daar niemand is voor hy sluit nie. Sy noem ook dat daai swembad vuil en groen is en dat dit moeilik sou gewees het om op die oog af iemand op die bodem te sien le. Dis bitter hartseer en my hart gaan uit so uit na die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.