Negejarige verdrink in Bloemfontein

Die toneel in McKenziestraat waar die negejarige op 27 Desember 2016 verdrink het (Foto: Netcare 911)

Die toneel in McKenziestraat waar die negejarige op 27 Desember 2016 verdrink het (Foto: Netcare 911)

ʼn Negejarige van Kaapstad, wat vir die vakansie in Bloemfontein gekuier het, het verdrink toe hy en sy maats in ʼn rivier gaan swem het.

“Paramedici is omstreeks 13:50 na die toneel in McKenziestraat ontbied,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die seun het onder die water verdwyn terwyl die klomp maats saam geswem het.”

Polisieduikers is van die voorval in kennis gestel en hulle het opgedaag om die kind te vind. “Hulle het die paramedici na die toneel ontbied om op bystand te wees,” het Botha bygevoeg. “Die kind is ondersoek nadat hy uit die water gehaal is, maar is op die toneel dood verklaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bekommerd ·

Shame! dis nou tragies , sterkte vir die ouers en vriende.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.