Negejarige verkragtingslagoffer sterf

Gemeenskapslede betoog voor die Bellville-landdroshof waar die verdagte verskyn het. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Gemeenskapslede betoog voor die Bellville-landdroshof waar die verdagte verskyn het. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die negejarige meisie wie se liggaam aan die brand gesteek is nadat sy glo drie maande gelede in Delft, Kaapstad verkrag is, het Dinsdagoggend aan haar beserings beswyk.

Kapt. FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die meisie is in die Red Cross-kinderhospitaal dood, waar sy sedert die voorval behandel is.

Familielede het in die veld langs die R300-snelweg op haar afgekom nadat ʼn 27-jarige man haar glo verkrag en haar liggaam aan die brand gesteek het.

ʼn Verdagte is na die voorval in hegtenis geneem en hy het in Januarie in die Bellville-landdroshof sy aansoek om borgtog laat vaar. Hy word aangekla van verkragting, seksuele aanranding, ontvoering en poging tot moord. Hy moet weer op 27 Maart in die hof verskyn. Die aanklag van poging tot moord gaan na verwagting na moord gewysig word.

Die verdagte se naam mag nie bekend gemaak word nie, aangesien hy nog nie gepleit het nie. – SAPA

Lees ook:
Man in tronk aangerand wat glo 9-jarige verkrag, verbrand
Meisie steeds kritiek na sy verkrag, verbrand word
Man wat 9-jarige glo verkrag, verbrand bly in aanhouding
Negejarige verkrag, verbrand

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.