Nehawu bereik ooreenkoms met VUT

Die Vaal‑Universiteit vir Tegnologie (VUT). (Foto: www.vut.ac.za)

Die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu), het sy staking by die Vaal‑Universiteit vir Tegnologie (VUT) opgeskort nadat die vakbond ʼn ooreenkoms met die instansie bereik het ná uitgerekte onderhandelings.

Zola Saphetha, algemene sekretaris van Nehawu, sê daar is Dinsdag met die vakbondlede oorleg gepleeg oor die voorlopige skikking waarop tydens die onderhandelinge ooreengekom is. Ná intensiewe gesprekke met die vakbondlede, is die voorgestelde skikking en ooreenkoms uiteindelik onderteken.

Die staking het gister geëindig.

Volgens Saphetha is ooreengekom op ʼn salarisverhoging van 7,5% deur die bank wat terugdateer word tot April vanjaar. Daar is ook ooreengekom dat werkers ʼn eenmalige betaling sal ontvang vir die dae wat hulle gestaak het, eerder as wat die “geen werk, geen betaling”-beginsel sal geld.

Nehawu en die VUT het ook ingestem dat kontrakte wat kwalifiseer,  na permanente poste omgeskakel sal word. Die strafregtelike aanklagte wat teen vakbondlede aanhangig gemaak is, sal ook teruggetrek word.

Volgens Saphetha moet die eenheid wat die VUT-werkers tydens die staking openbaar het as waarskuwing dien vir ander universiteite dat werkers wat saamstaan, nie sal toelaat dat enige iets hulle onderkry nie.

“Die vyf dae lange staking deur ons lede kon vermy geword het as die universiteit net na die onderhandelingstafel gekom het met ʼn progressiewe en oop houding en omgee-gevoel oor sy menslike kapitaal, eerder as om onbuigbaar te wees in sy posisie van geen salarisverhogings nie,” het Saphetha gesê.

“Ons hoop ook dat die assessor wat deur die minister van hoër onderwys en onderrig aangestel is sy werk sal bespoedig om die elemente van voortgesette korrupsie aan die lig te bring en ons universiteit te red.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Nehawu het die Fut uit VUT gehaal as so na die berig gekyk word. Om te staak lyk na die nommer een “werks-tyd-verdryf” in SA.

John ·

…. luister en luister goed, werkgewers: Die unies is baas. Hulle bestuur en hulle besluit en as hulle nie dit kan doen nie, sal die werkers en studente die wèreld onbeheerbaar maak in die groot spel genaamd: Ondergang… ‘n Samevoeging van vinnig onder toe duik en ‘hooligan gang’. Ons regerings is werklik verteenwoordigend. Mens sien dit weer eens.

Snoefie ·

Van wanneer af moet die werkgewer sy finansies oopgooi voor werknemers? As hulle so ontevrede is met die werksituasie /salaries /_voordele staan dit hulle vry on te bedank. Nehawu sal vir hulle daardie gawe joppie kry met 6 maande verlof, twee keer per jaar en geen salaries, nes hulle verdien.

Gert ·

Vir jare en jare nou al kry alle staatsdienswerkers elke liewe jaar verhogings van dubbeld die inflasiekoers, en vir jare en jare word die land se skuld meer. Gaan hulle ooit die verband raaksien?

Frm ·

Die univetsiteit te red. Haha terwyl julle sulke belaglike eise het. Aggenee eks g@$vol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.