Nehawu besorg oor werkers se veiligheid ná brand

Groot skade is aan die parlementsgebou aangerig. (Foto: Stad Kaapstad)

Die parlement sê hy het kennis geneem van ʼn verklaring deur die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu), waarin die vakbond sê hy het sy lede opdrag gegee om nie vir werk by die parlementêre kompleks in Kaapstad aan te meld nie.

Nehawu is bekommerd oor beweerde beroepsveiligheid- en gesondheidsgevare nadat ʼn reusebrand ʼn week gelede beduidende skade aan die kompleks aangerig het.

Nehawu se verklaring is gegrond op ʼn verslag van die Kaapstadse nooddienste wat verskeie tekortkominge by die geboue blootgelê het.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, sê die parlement se rekenpligtige amptenaar het werkers reeds op 2 Januarie ingelig dat toegang tot die kompleks weens die brand beperk gaan wees. Sommige van die geboue is weens veiligheidsredes afgesper, terwyl wetstoepassingsowerhede se ondersoek en ʼn assessering deur ʼn span ingenieurs van die departement van openbare werke voortduur.

“Weens dié beperking word die fisieke teenwoordigheid van die meeste personeellede, met die uitsondering van die bestuurspan wat regstreeks verantwoordelik is vir die bestuur van die brandvoorval, nie tot verdere kennisgewing verwag nie,” sê Mothapo.

Hy het opnuut benadruk dat die verslag slegs brandbestryders se “voorlopige waarnemings” bevat en nie as afdoende bevindings of bewyse oor die oorsaak en omstandighede rondom die brand beskou moet word nie.

Dit is ook nie ʼn bevinding oor die veiligheid van ander geboue by die kompleks wat nie deur die brand geraak is nie.

Mothapo sê die voorsittendes beamptes bly verbind daartoe om saam met die vakbond te werk om sy griewe op te los, maar dat openbare uitlatings in dié krisistyd nie help nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Samuel ·

Goeie verskoning om nie te werk nie.

Op hierdie wyse word voorbrand gemaak vir stakings en vertragings van herstelwerk aan die Parlementsgebou.

Frikkels ·

En sodoende, word die kaders se soustrein aan die gang gehou!

Frikkels ·

Jaag die staatswerkers weg en sê die vakbonde aan om hulle salarisse te betaal. Kry dan betroubare en gekwalifiseerde vakmanne uit die privaatsektor om die werk te doen. Die ingenieurs wat die assesering doen moet ook nie van openbare werke se onbetroubare skepsels met twyfelagtige kwalifikasies wees nie. Kry ñ bekende privaat ingenieursfirma in om te asseseer en die projek te voltooi. Daar is geen manier om ñ werk van hierdie omvang met onbekwame anc kaders aan te pak nie!

Nie Verbaas ·

“assessering deur ʼn span ingenieurs van die departement van openbare werke voortduur”. Doen ons n guns, kry asseblief n onafhanklike span om die ondersoek te doen. Waarheid gaan net toegesmeer word deur kaders.

Swerwer ·

Hierdie “Unies” is absoluut belaglik. Van wanneer af kan hul besluit wie mag gaan werk en wie nie.
Miskien moet hul verantwoordelik gehou word vir die salarisse van die wat nie opdaag vir werk nie.

Astrain ·

Covid leeglê. Brand leeglê. En sommer net leeglê want dis wat hulle beste kan doen…zero werks etiek!!!

Misky ·

Asof dit nou ‘n verskil gaan maak as hulle nie op kantoor is nie. Hulle het voor die brand ook nie gewerk nie.

Althes ·

Dit is ñ skande dat so ñ pragtige gebou gebrand het deur growwe nalatigheid. Dis omdat alles omregstellende aksie en BBEE draai wat sulke nalatigheid gebeur en werkers seker ook nie die siviele ingenieurs se verslae vertrou nie.
Maar ja doen jul werk as die plek veilig verklaar word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.