Nehawu eis Zuma se kop

Pres. Jacob Zuma (Oktober 2016) Foto: GCIS, Flickr

Pres. Jacob Zuma (Oktober 2016) Foto: GCIS, Flickr

Die grootste staatsdiensvakbond, die National Union of Health and Allied Workers Union (Nehawu), het Dinsdag pres. Jacob Zuma versoek om te bedank, aangesien sy leierskap in die regering “onuithoudbaar” is.

Die vakbond, ʼn filiaal van die vakbondfederasie Cosatu, het gesê hoop vervaag in Zuma se regering.

“As alles in ag geneem word, insluitend die verdiepende sosio-ekonomiese krisis, gebrek aan strategiese oorsig en leierskap in regering, afname in hoop onder ons mense en die voortdurende skandalige onthullings van korrupsie, het die nasionale uitvoerende komitee tot die gevolg gekom dat dit nou nie meer ontken kan word dat die leierskap van pres. Jacob Zuma onuithoudbaar is nie,” het die vakbond gesê ná sy uitvoerende komitee vergader het.

“Nehawu versoek comrade Jacob Zuma om die eerbare en brawe besluit te neem, in die belang van die ANC en ons mense, om as die president van Suid-Afrika te bedank, sodat, teen die tyd wanneer die ANC aan die 2019 algemene verkiesing deelneem, hy nie meer die president van die land of die ANC sal wees nie.”

Nehawu is die eerste Cosatu-vakbond wat in die openbaar Zuma se kop eis. Die land se grootste vakbondbeweging het verdeeldheid beleef met die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) wat reeds geskors is, tesame met voormalige Cosatu- sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi wat standpunt ingeneem het en nie die ANC in die 2014- algemene verkiesing ondersteun het nie.

Vavi is geskors weens wangedrag en dat hy Cosatu se naam in oneer gebring het.

Die Food and Allied Workers Union (Fawu), wat Numsa en Vavi se skorsings teengestaan het, het onlangs Cosatu verlaat om by ʼn nuwe federasie, onder leiding van Vavi en Numsa, aan te sluit.

Nehawu het gesê die werkersklas kan nie meer staan en toekyk hoe die krisis in die land ontvou nie.

“Alhoewel ons glo dat geen enkele individu, selfs as president van die land, alleen verantwoordelik gehou kan word vir al die sosio-ekonomiese en politieke probleme in ons land nie, en alhoewel ons besef dat comrade Jacob Zuma ons struggle oor die jare heen gedien het, kan die georganiseerde werkersklas nie meer net maar staan en toekyk en stilbly nie, wanneer dit duidelik is dat die revolusie ʼn rampspoedige trajek aanneem, aangesien dit nodeloos van krisis na krisis beweeg.”

Die vakbond doen ʼn beroep op die nasionale uitvoerende komitee van die ANC om Zuma te verwyder, soos oudpresident Thabo Mbeki in 2008 herroep is, en dat Zuma met adjunkpresident Cyril Ramaphosa vervang sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lance ·

NOU EERS ! Gewag tot alles tengronde is …soos gewoonlik skrik hulle te laat wakker ….skade is gedoen !

John ·

En vir wie het hulle in die onlangse munisipale verkiesing gestem?

Liesl D ·

Vat guts om in die openbaar Zuma teen te staan. Dankbaar vir hul eerlikheid. Well done!!!!

Scalla ·

Stortkop, ek dink jou bollie is geboek, jammer dat dit so lank gevat het

Ben ·

Zuma sal nooit bedank nie. Daarvoor is hy te arrogant en dom astrant.Hy sal die land laat onder gaan tot voordeel van homself en sy maters. Ons het dalk te doen met ‘n tweede Mugabe. Spaar ons tog net dit!

Phillie ·

As ons dink Rhamaphosa is die antwoord maak ons merske groot fout. Hierdie mens is nie net skelm nie maar intelligent en geslepe. As julle dink Zuma is korrup wag vir Cyril

John ·

Ja, die adjunk is ‘n meneer wat al laat blyk het dat wit eienaarskap hom nie beindruk nie. Hy was wel bereid om orals direkteursposte te aanvaar oppad na hogere ideale en wildplase. Hierdie o so gretige maatskappy sal onder sy hand in die stof byt. Maar dan is daar ook die Zuma-ex-antie, die ANC-jeugliga se droom-oumatjie. Die Zumas is skynbaar ook nog aangetroude familie van die Mogabes ~ en die hele kaboel lief die korrupte leier van Suid-Soedan. Hoe gaan ons ontvlug?

Veritas ·

Dit sal net mooi niks help om van Zuma ontslae te raak nie. Hy word kunsmatig in beheer gehou om sodoende die aandag van die ANC, as politieke party, af te hou. Die hele party is korrup. Dit wys duidelik deur die onwilligheid om teen Zuma op te tree. Té veel mense gaan té veel verloor as die President herroep gaan word. Jacob Zuma dink maar net hy is in beheer omdat die party dit toelaat sodat die res kan voortgaan met hulle plundering.

Daru ·

Veritas, ek dink jy slaan die spyker op sy kop, hy is ook maar net n skakel wat moet luister.

Grassie ·

Ek sien Nehawu vra dat Zuma ‘n “eerbare en brawe” besluit neem. Hulle is seker besig om grappies te maak.

Marina ·

Ek kan sommer aan ‘n ander paar ook dink wat se koppe kan rol

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.