Nehawu-staking uiteindelik verby

Nehawu-betoging by die parlement (November 2015) Foto: Twitter

Nehawu-betoging by die parlement (November 2015) Foto: Twitter

Die parlement het die aankondiging verwelkom dat lede van die Nehawu-vakbond uiteindelik hul onwettige staking opgeskort het.

“Berigte dat die staking gekanselleer is, kom ná ʼn nuwe aanbod aan die National Education‚ Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) gemaak is in verband met die berekening van prestasiebonusse vir personeellede wat daarvoor kwalifiseer,” het bestuur van die parlement in ʼn verklaring gesê.

Geen ooreenkoms is egter tot dusver aan die bestuur voorgehou nie.

Volgens die bestuur van die parlement het hy deurgaans die vakbond aangemoedig om in gesprek te tree oor kwessies van gedeelde kommer, as die enigste manier om uitdagings op te los.

“Die parlement neem kennis van die voorwaardes wat glo onderhewig is aan die aanvaarding van die nuwe aanbod. In hierdie verband sal alle prosesse, soos dit vroeër aan die vakbond gekommunikeer is, gevolg word. Dit sluit die geen-werk-geen-betaling-beginsel in en die implementering van dissiplinêre en ander korrektiewe prosesse waar nodig,” lui die verklaring.

Die parlement benadruk dit dat geweld en intimidasie nie geduld sal word nie. “Die parlement doen ʼn beroep op alle betrokke partye om hard te werk om volgehoue arbeidsvrede in die instansie te verseker.”

Lees alle vorige berigte oor die staking by die parlement op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.