Nehawu steun Ramaphosa vir ANC-presidentskap

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (links) en pres. Jacob Zuma (regs) (21 Mei 2014) Foto: GCIS

Die grootste staatsdiensvakbond, die National Health and Allied Workers Union (Nehawu), het Saterdag gesê hy sal adj.pres. Cyril Ramaphosa steun om pres. Jacob Zuma as ANC-president op te volg by die party se verkiesingskonferensie in Desember.

Nehawu het in ʼn verklaring gesê die vakbond het ná afloop van sy 11de nasionale kongres vandeesweek in Boksburg besluit hy sal Ramaphosa einde vanjaar steun. “Kongresgangers het dus die nasionale vakbond opdrag gegee om deur sy nasionale en provinsiale strukture ʼn veldtog te voer vir ʼn progressiewe leierskap om by die 54ste ANC-konferensie na vore te tree ter ondersteuning van ʼn program vir ʼn meer radikale tweede fase van ons oorgang,” het Nehawu gesê.

Nehawu is die grootste affiliaal van Cosatu en het ongeveer 273 000 lede. Hoewel die vakbond meen die alliansie tussen die ANC, Cosatu, die SAKP en die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco is steeds strategies relevant, het die vakbond ook die feit verwelkom dat die SAKP nou versoek dat die alliansie aangepas word.

“Soos ons oor die jare geleer het met die instelling van die Cosatu 2015-plan, is die aanpassing van die alliansie uiteindelik ʼn funksie wat bepaal word deur die magte op voetsoolvlak. Daar is by die kongres ooreengekom dat korrupsie en korporatiewe staatskaping steeds ʼn integrale deel van die teenrewolusie bly,” lui die verklaring.

“Daar is besluit dat die vakbond die SAKP dus aktief moet ondersteun om die breeds moontlike patriotiese front te bou om ons demokrasie te verdedig en te bevorder en nasionale soewereiniteit te verdiep om staatskaping, korrupsie en alle vorme van manipulasie van ons nasionale rykdom en openbare hulpbronne te beveg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leendert ·

By gebrek aan beter moet mens dit seker maar aanvaar. Buiten dat hy nie korrup is nie, het nie nodig om te wees nie, boesem hy geen vertroue in nie, het nie die statuur van ‘n leier nie. As hy op die verhoog stap is daar geen aura en grootsheid wat jou aandag vasvang, met aandag en afwagting na sy toespraak laat luister nie. Ten gunste van FW, hy kon dit nie voorsien nie. Maar die groot, groot bekommernis behoort ook te wees wie die Adjunk President gaan wees, want as dit iemand na aan die Guptas moet wees …..

Swartkat ·

Ek sal my stem vir enige persoon gee wat nie korrup is nie en wat die land en sy mense eerste stel. Op die oomblik steel elkeen vir homself en word daar net beloftes gemaak vir stemme. Die belastingbetalers moet 45% van hulle maandelikse salaris aan die staat betaal om vir korrupsie te betaal.

John ·

In ‘n donker bos kan jy niemand vertrou nie… En elkeen wat jy raakloop bied vriendelik aan om om die uitweg te help vind. Wees bang… baie bang… Hierdie bos is nie net ‘n stinkende hoop kakiebos in ‘n ou mielieland nie… En dis nag…

Michael ·

Hulle kan steun wie hulle wil Musi gaan President word met behulp van n koalisie regering wat die VF+ insluit en ten minste sal ek dan verteenwoordig woordig word in die Regering

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoe het Ramaphosa so vinnig so ryk geword? Ek stem saam met John en sy siening van die “donker bos”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.