Nehawu wil Sassa-kantore landwyd lamlê

Sassa. Foto: ANA

Die National Education, Health and Allied Workers Union (Nehawu) sê hy gaan vandeesweek by die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) staak weens ʼn dooiepunt oor die oordrag van die toelaestelsel van Cash Paymaster Services (CPS) na die Poskantoor en die uitdaging rakende die biometriese registrasie van begunstigdes.

“Soos ons dit verstaan, is die staking die laaste uitweg nadat ons alle ander moontlikhede verken het, wat ʼn versoek om ingryping deur die minister van maatskaplike ontwikkeling, die agbare Susan Shabangu, insluit,” het Zola Saphetha, Nehawu se sekretaris-generaal, gesê.

Hy sê hul voorneme was deurgaans om die probleme vriendskaplik deur onderhandeling op te los, “maar die onbuigsaamheid en arrogansie van die Sassa-bestuur het op net een opsie afgestuur: die algehele sluiting van alle Sassa-werkplekke”.

Nehawu meen die stelsel van maatskaplike pensioene is oorhaastig ingevoer en steeds nie toegerus om “spook”-begunstigdes en korrupsie die hoof te bied nie, ondanks Sassa se onlangse bewerings dat dit wel die geval is.

Saphetha sê Nehawu sal die staking, wat na verwagting Woensdag sal begin, tydens ʼn buitengewone uitvoerendekomitee-vergadering van die vakverbond Cosatu bespreek. Dit het Maandag begin.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Fourie ·

Nog ‘n rede vir die leeg lêers om niks anders te doen as om net te verwoes

Optimus Prime ·

Wys maar net weer die mense wat afhanklik is van die SASSA geld is die wat gaan swaar kry die unies gee nie om vir hulle nie

Swart Wolf ·

Ek ondersteun nie, en hou nie van vakbonde nie. Maar, ek stem volmondig met Nehawu saam. Genugtig anc is julle nog steeds blind vir die korupsie wat aangaan, en in die geval, spook eisers. Ek het met my eie oe gesien hoe party mense tot vier keer geld trek by n betaalpunt vir “ander” familie lede wat nie self kan geld trek nie. Dis bog man. Stop dit nou! Staak Nehawu en roei korupsie uit. Al moet ek self swaarkry. As die spook eisers ge-elimineer word kan wettige pensioenarisse se “Grants” verdubbel word.

Elsa ·

Dit wil sê hulle wil hê paymaster moet dit weer uitbetaal. Hulle dink nie aan hulle arme mense nie. Hoe siek kan jy wees

marous ·

Die hele land is ‘n rioolput , en dit sal nie beter gaan nie . Staak maar tot in der ewigheid , want konstruktief is vehewe bo enige van hierdie mense se denke .

Eish ·

Ek dink die staking gaan liewer daaroor dat poste in gedrang is vanweë die tegnologie wat verseker produktiwiteit sal verhoog.

brens ·

Met n oudit kan daar mos vasgestel word of die data verkeerd ingevoer is of nie? ek verstaan werklik nie; wat n totale chaotiese situasie in alle staatsdepartemente en sulks ook ons land.

Grassie ·

Ek het ‘n tyd gelede op MM voorspel dat die SASSA-aangeleentheid ‘n tikkende tydbom is. Die poskantoor kan nie eers ‘n posdiens suksesvol bestuur nie, nou moet hulle ‘n miljarde rande bedryf, wat 17 miljoen mense se oorlewing beheer, probeer laat werk. Hulle kan nie. As die spul in duie stort gaan daar groot chaos uitbreek. As “our people” begin honger ly gaan hulle in opstand kom, miljoene gaan klipgooi en brand en plunder om te oorleef, landwyd. Ek hoop regtig nie dit bereik daardie stadium nie maar ek het bedenkinge. Ons mense gaan ook swaar kry.
Ek stem saam met die vakbond oor die “spookbegunstigdes” en groot korrupsie. Ek glo nie die vorige SASSA-bedeling het daarteen gewaak nie. Hulle is vergoed volgens die getal uitbetalings wat gemaak is, so, spook of te nie, hul kry hul geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.