Neil Tovey kritiek ná hartaanval

Neil Tovey. Foto: Safa

Neil Tovey. Foto: Safa

Neil Tovey, die tegniese direkteur van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), het Sondagmiddag ʼn hartaanval gehad.

Mark Tovey, Neil se broer, het gesê hy is in ʼn kritieke toestand en dokters veg hard om hom te stabiliseer. Die voormalige Bafana Bafana-kaptein het Sondagmiddag geoefen toe hy die hartaanval gehad en na ʼn hospitaal gehaas is.

Danny Jordaan, president van Safa, het gesê hy het met skok verneem wat gebeur het en het Tovey ʼn spoedige herstel toegewens. “Ons vertrou dat hy hierdeur sal kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ano ·

Nog so jonk! Sterkte Neil. Hoop jy kom hierdeur met vlieende vaandels.

Sondag ·

Die wat weet sê jou hart val jou letterlik aan. Danny ‘vertrou’ dat dit beter sal gaan maar mens moet ook ‘bid’ dat dit beter sal gaan. Sterkte ook Neil en vat dit maar kalmer op ‘n Sondag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.