Nelson Mandela-lesing: ‘Wat is verkeerd met ons samelewing?’

Mogoeng Mogoeng aan die woord. (Foto: Twitter)

“Die Grondwet is ʼn kragtige wapen teen haweloosheid, ongeletterdheid, honger en siekte. Dit maak nie saak of jy swart of wit is, of jy Tswana of Afrikaans praat, of jy in ʼn nuwe motor ry of kaalvoet loop nie, ons het almal sekere basiese regte.”

Só het hoofregter Mogoeng Mogoeng Saterdagmiddag in sy toespraak by geleentheid van die 17de Nelson Mandela-lesing by die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Soweto-kampus gesê.

Vanjaar se tema vir die lesing het was “Konstitusionalisme as instrument vir transformasie”.

Mogoeng het met die intrapslag gesê die doel van die lesing behoort te wees: “Wat is verkeerd met ons samelewing? Hoe het dit gekom dat daar steeds 25 jaar later mense sonder huise is? Hoe het dit gekom dat daar steeds rassediskriminasie en geslagsdiskriminasie is?”

Volgens Mogoeng is daar iets grondliggend fout en dié fout behoort gekonfronteer te word deur praktiese uitdrukking aan die Grondwet te gee.

“Die Grondwet is ʼn instrument om ʼn samelewing te bou waarin niemand rede sou hê om hom of haar te skaam vir sy of haar situasie nie,” sê Mogoeng.

Hy het aangevoer dat daar baie min gaan verander indien Suid-Afrikaners nie weet wat hul regte volgens die Grondwet is nie. “Jy kan nie veg vir iets waarvan jy nie weet nie,” het hy in sy toespraak gesê.

Mogoeng Mogoeng gedurende sy toespraak Saterdagmiddag. (Foto: Twitter)

“Ons moet sterk en verenig wees as die mense van Suid-Afrika. Ons was nooit verenig as swart en wit mense nie, maar eenheid is noodsaaklik vir wat Madiba die ‘die visie vervat in die Grondwet’ genoem het.”

Volgens Mogoeng het Suid-Afrika eenheid broodnodig.

“Jy kan nie net Engels ken nie. As jy daartoe verbind is om die eenheid te bou wat ons so dringend benodig, moet jy die tale ken, die kulture ken. Probeer om die situasie van jou mede-Suid-Afrikaners te verstaan,” het Mogoeng gemaan.

“Ek twyfel nie dat iemand wat respek vir Nelson Mandela het, die lesing van vandag sal sien as ʼn oomblik vir ʼn nuwe begin nie … ʼn oproep tot aksie. ʼn Eis van Madiba self dat ons moet optree om korrupsie, onreg en misdadigheid uit te roei.”

Mogoeng te toespraak is vanmiddag met luide applous ontvang en het die gehoor op hul voete gehad. Verskeie hooggeplaastes het die lesing bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

41 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sobymykoolkop

Wragtig nê, sou nooit kon dink dat dit so is nie. Net jammer party is meer gelyk as ander en teen wie diskrimineer beee??

Seeklong

Dankie Tom, terwyl ek die berig lees het dieselfde gedagte by my opgekom. Net ‘n terugkeer na God kan hierdie land red. Dit het met Israel gebeur, sommer ‘n paar keer, en net God kon hulle red, keer op keer.

Stebastiaan

Mooi woorde net jammer dit werk in die meeste gevalle net vir sekere mense. Hoeveel blankes wat ook agtergeblewenis is het al ‘n huis van die staat ontvang. Sal graag die statistieke wil sien. Daar is meer diskriminasie teen die blankes deur die regstelsel as teen swartes.

Oom Jaco

Hierdie hoėvlak praters het totaal en al gevoel verloor met wat op grondvlak met die gewone landsburgers aangaan…

Cherokee

Mbt die voorlaaste paragraaf; die enigste wat respek het vir Mandela, is die ANC en hul wit faksie by name die DA. Die einste Mandela kon jàrre vroeër uit die tronk stap maar het verkies om ANC en DA marionet as lyer te speel, wat (surprise DA-onkundiges) net was omdat hy geweier het om Umkhonte we Siswe uit die tronk opdrag te gee om winkel en spoorwegstasie-bomme te staak.