Nelspruit-bedrog: Sewende familielid vas

Jaco Meintjies. (Foto: Verskaf)

Die sewende verdagte in die Nelspruit-bedrogsaak waarin ʼn boekhouer van dié stad en haar familie bedrog van miljoene rande gepleeg het, is Maandag vasgetrek.

Die Valke in Mpumalanga het Jaco Meintjies (45) Maandag vasgetrek en hy het dadelik in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.

“Meintjies is op borgtog van R3 000 vrygelaat en sal by die ses ander verdagtes, almal familielede, aansluit wanneer die verhoor op 5, 6 en 7 Maart plaasvind,” het kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga gesê.

Carol Ann Avent (46) en haar vyf medebeskuldigdes, Lucy Andrea du Preez (50), John Avent (53), Piet Albertus Meintjies (36), Maria Antoinette le Roux (49) en Kerry Anne Avent (31), is almal in Oktober 2019 in hegtenis geneem in verband met R11,5 miljoen se bedrog. Die geld is glo tussen 2011 en 2016 gesteel by ʼn onderneming waar Carol Ann Avent as boekhouer gewerk het.

Maroela Media het vroeër berig Carol Ann is ná haar inhegtenisneming van 1 150 bedrogklagte aangekla en op borgtog van R5 000 vrygelaat. Sy het intussen skuldig gepleit, is skuldig bevind en die saak teen haar is tot November uitgestel.

Die vyf ander verdagtes was glo die begunstigdes van die geld, wat in onderskeie rekeninge inbetaal is. Hulle het almal reeds in die landdroshof in Mbombela verskyn en is op borgtog van R3 000 elk vrygelaat.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Oujongvrou ·

As n familielid geld in jou rekening in betaal, beteken dit jy is skuldig. Ek lo nie so nie. Ma’s help kinders ens die hele tyd.

Frederik ·

Die deler is so goed soos die steler, dit is mos wat die spreekwoord se of hoe?

Magda ·

Wens hulle wil AL die sake van bedrog / korrupsie so vinnig af handel – Die Zondo kommisie – regtig dit neem ook n leeftyd en weereens praat baie maar NIKS konkreets gebeur nie. Speel vir tyd en mors weereens ons Belasting betaler se geld – Kry dit afgehandel en kry die mense wat skuldig is in die tronk en verkoop bhulle bates en kry ONS verdomde geld terug – Zondo kommissie – Regtig!!!!!!

charmaine ·

Kyk net hoe vining word hulle gevang en kom in die hof voor, ZONDO is nou al amper 2jaar besig met die grootse korrupsie in die land en kon nog nie een in die hof of agter tralies kry nie??

TRP ·

So dankbaar soos ons is dat hulle gevang is, wens ek AL die bedrog sake in SA wil so vinnig gaan.

ES ·

Tragies dat mense verval in sulke bedrog – en hul familielede daarby insluit. Het hulle dan nou nie geweet dat ‘n leuen kruppel is, en die waarheid jou altyd inhaal nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.