Nelspruit-betogings ontwrig skole

Betogings in Kanyamazane (14 Augustus 2018) (Foto: @nthandeka, Twitter)

Betogings in dele van Mpumalanga het skole reeds vir die afgelope twee dae ontwrig, het die provinsiale departement van onderwys Dinsdag gesê.

Jasper Zwane, woordvoerder van die departement, het gesê agt laerskole en vyf hoërskole word geraak, veral graad 12-leerders wat vir die eksamen moet voorberei.

Die betogings vind plaas in Kanyamazane in Mbombela (Nelspruit).

“Ons is net so besorg oor die impak wat dit kan hê op leerders in laer grade. ʼn Gaping in die inhoud kan die res van hulle skooljare negatief beïnvloed. Ons doen ʼn beroep op alle lede van die gemeenskap om iets te doen sodat die negatiewe effek vermy kan word,” het Zwane gesê.

Ontstoke inwoners voer aan die plaaslike regering het versuim om hulle te help met herstelwerk aan hul huise ná ʼn haelstorm in Mei vanjaar.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die gewelddadige betogings veroordeel. Infrastruktuur is geplunder en gevandaliseer in sommige dele van die provinsie, insluitend Phola en Kanyamazane. Die Emalahleni-munisipaliteitskantoor in Phola, naby Ogies, is Maandagaand aan die brand gesteek. Winkels van uitlanders is in Kanyamazane buite Nelspruit geplunder. Paaie is met brandende bande en klippe versper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sieg ·

Ja betoog meer jaag en ontwrig julle skole dis ongelooflik om dit te verstaan want ons sogenaamde ANC regering wil ook die standarde volg van swak diens, riool in die strate, in riviere, skool ontwrigting, moord, bedrog, verkragting, swak paaie alles wat ubsolute ondraaglik is vir n normale mens, nou vra ek jou hoe moet ek vir so n party stem en leef, dis God’s onmoontlik dit sal nooit gebeur nie want ek stem met fokol van die ANC saam nie hulle is n disgrace vir Suid-Afrika.

Henk ·

Skryf julle stories reg. Kanyamazane is ver van Nelspruit en word GEEN skole in Nelspruit geraak nie

Willem ·

Op die N4 uit is dit net oor die 26kilometer ver, dus so ‘n halfuur se ry.

wilma ·

Ek maak die afleiding dat ouers nie wil hê hulle kinders moet opgevoed word nie alhoewel goeie opleiding die enigste weg is uit die ellende waarin sommiges hulle bevind.

Stuiwer ·

En dan is dit dieselfde mense wat betoog vir gratis tersiëre onderrig. As hulle so aangaan, gaan hulle kinders nie eens skool kan klaarmaak nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.